![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/6/60/Rio_Magdalena.jpg/640px-Rio_Magdalena.jpg&w=640&q=50)
Río Magdalena
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Río Magdalena ([ˈri.o maɣðaˈlena]) is 'n groot noord-vloeiende rivier in Suid-Amerika. Die rivier, met 'n lengte van 1 528 km, is die langste rivier in Colombia.
Río Magdalena | |
---|---|
![]() | |
Die stroomgebied van die Río Magdalena. | |
Oorsprong | Laguna del Buey (Colombia) |
Monding | naby Barranquilla, Colombia Karibiese See |
Stroomgebied | Colombia |
Lengte | 1 528 km (949 myl)[1] |
Oorspronghoogte | 3 685 m (12 090 voet) |
Mondinghoogte | 0 m |
Gemiddelde afloop | 7 200 m³/s (254 300 ft³/s)[2] |
Stroomgebiedopp. | 257 438 km² (99 397 myl²) |
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/f/f2/Rio_Magdalena_Delta_landsat.jpg/640px-Rio_Magdalena_Delta_landsat.jpg)
Die naam van die Río Magdalena kom van sy ontdekking deur Spaanse conquistadores. Sy ontdekker, Rodrigo de Bastidas, het die monding van die rivier op 1 April 1501 bereik. Soos dit destyds gebruiklik was, het hulle riviere en plekke na heiliges genoem. Die dag se heilige op 1 April was Maria Magdalena. Die volle naam van die rivier is Río Grande de la Magdalena.[3] Vertaal uit Spaans beteken dit: "Groot rivier van (Maria) Magdalena".
Tydens die Spaanse koloniale bewind het die Río Magdalena as belangrike skeepsroete tussen die hoofstad Bogotá, die belangrike hawestad Cartagena en Europa gedien.