Réunion
franse departement / From Wikipedia, the free encyclopedia
Réunion (Frans: La Réunion, [la ʁeynjɔ̃], voorheen: Île Bourbon) is 'n eiland en oorsese département (département d'outre-mer, of DOM) van Frankryk, geleë in die Indiese Oseaan omtrent 700 kilometer oos van Madagaskar en 200 kilometer suidwes van Mauritius, met 'n oppervlak van 2 511 vierkante kilometer en 'n bevolking van 873 102 ("Réunionnais"). Nes die Franse moederland is Frans die amptelike taal van Réunion. Daarbenewens besig die bevolkingsmeerderheid die Kreools Réunionnais as moedertaal.
| |||||
Nasionale leuse: Liberté, égalité, fraternité (Frans vir: "Vryheid, Gelykheid, Broederskap") | |||||
Volkslied: Marseillaise | |||||
Hoofstad | Saint-Denis | ||||
Grootste stad | Saint-Denis | ||||
Amptelike tale | Frans | ||||
Regering | Oorsese département Emmanuel Macron Huguette Bello (PLR) Cyrille Melchior (LR) | ||||
Onafhanklikheid Franse oorsese département • Franse aanspraak • Franse kolonisering • Britse besetting • Teruggegee aan Frankryk • Oorsese département |
1642 1665 1810 1815 19 Maart 1946 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
2 511 km2 970 myl2 | ||||
Bevolking - 2023-sensus - Digtheid |
873 102[1] 350 / km2 900 / myl2 | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2019-skatting €19,5 miljard[2]</ref> | ||||
Geldeenheid | Euro (€) (EUR ) | ||||
Tydsone - Somertyd |
RET (UTC+4) nie toegepas nie (UTC+4) | ||||
Internet-TLD | .re | ||||
Skakelkode | +262 |
Soos ander oorsese Franse gebiede is Réunion ook een van die 18 régions van Frankryk met 'n status soortgelyk aan dié van die metropolitaanse Frankryk op die Europese vasteland. Réunion maak deel uit van die Europese Unie en was danksy sy ligging die eerste gebied ter wêreld waar Euro-banknote en munte ingevoer is. President Paul Vergés was die eerste verbruiker wat sy inkopies met Euro's betaal het.
Réunion is danksy die natuurskoon en die onmiddellike ervaring van die vier elemente vuur, water, aarde en lug, wat sy ongerepte landskappe en landvorms bied, nou een van die gewildste reisbestemmings vir Franse toeriste. Die vulkaniese landskappe van Pitons, cirques en remparts is in 2010 deur Unesco as wêrelderfenisgebied aangewys.