Quigleyskaal
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Quigleyskaal is ’n beskrywende, visuele stelsel van fenotipiese gradering wat sewe grade gebruik tussen "ten volle vermanlikte" en "ten volle vervroulikte" geslagsdele. Dit is in 1995 deur die pediatriese endokrinoloog Charmian A. Quigley et al. voorgestel.[1] Dit is soortgelyk aan die Praderskaal en word gebruik om geslagsorgane te beskryf in gevalle van androgene-insensitiwiteitsindroom, insluitende algehele, gedeeltelike en ligte insensitiwiteit.[2][3]