Pyrex
From Wikipedia, the free encyclopedia
Pyrex (as handelsnaam meestal gestileer as PYREX) is 'n handelsmerk vir hittebestande borosilikaatglas wat hoofsaaklik in bak- en kookgerei asook laboratoriumtoerusting gebruik word. Ander moontlike toepassings is brilglas, teleskope en elektroniese komponente.
Handelsmerk vir kook- en bakgerei
in besit van Corning Inc.
Lisensiehouers
Noord-Amerika:
World Kitchen, LLC
Rosemont, Illinois
Verenigde State
Europa, Midde-Ooste, Afrika:
International Cookware
Roissy
Frankryk
Handelsmerk vir laboratoriumglas
in besit van Corning Inc.
Corning, New York
Verenigde State
Webtuistes
pyrex.eu - International Cookware
World Kitchen, LLC Geargiveer 15 April 2016 op Wayback Machine
Corning - Pyrex Labware
Die handelsmerk is in 1908 deur die Amerikaanse onderneming Corning Inc. ingevoer. Elf jaar later, op 27 Mei 1919, is Corning se Pyrex-glasformule gepatenteer.[1]
Corning het die vervaardiging van Pyrex-kook- en bakgerei, wat oorspronklik van borosilikaatglas gemaak is, in 1998 gestaak en die handelsmerklisensie daarvoor aan lisensiehouers soos World Kitchen, LLC en International Cookware oorgedra.
Ter wille van kostebesparing word Pyrex-produkte, wat tans in die Verenigde State deur World Kitchen bemark word, intussen van getemperde glas (sodakalkglas) vervaardig - in teenstelling met markte buite Noord-Amerika wat deur International Cookware bedien word en waar vasgehou word aan die gebruik van duurder borosilikaat vir die vervaardigingsproses.
Die grootste borosilikaat-glasoond ter wêreld word deur die Franse onderneming International Cookware in sy aanleg in Châteauroux in die département Indre bedryf.[2] International Cookware, wat oorspronklik deel uitgemaak het van die Franse ARC International-groep en sedert 2006 as Arc International Cookware (AIC) bekendgestaan het, is op 31 Januarie 2014 aan Amerikaanse beleggers verkoop[3] en maak tans deel uit van Aurora Resurgence se beleggingsportefeulje.[4]
International Cookware bemark as eksklusiewe lisensiehouer onder meer Pyrex-glaskook- en bakgerei op markte in Europa, die Midde-Ooste en Afrika.