From Wikipedia, the free encyclopedia
Pula (Italiaans: Pola) is 'n hawestad in die weste van Kroasië langs die Middellandse See. Tot en met 1797 was die stad 'n Venesiaanse besitting en het daarna onder Habsburgs-Oostenrykse bewind gekom. In 1918, ná die Eerste Wêreldoorlog, is Pula weer by Italië ingelyf. Ná die Tweede Wêreldoorlog is die stad by Joego-Slawië ingelyf. Sedert 1991 is die stad in Kroasië geleë nadat dié land sy onafhanklikheid verkry het. In 1946 was nog 90% van die bewoners etniese Italianers, maar die meeste van hulle het na Italië geëmigreer.
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Kroasië |
Provinsie | Istrië |
Koördinate | 44°52′N 13°51′O |
Stigting | 45 v.C. |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 51,65 vk km |
Hoogte bo seevlak | 30 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2019) | 57 460 |
- Bevolkingsdigtheid | 1 100/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 (MEST) |
Burgemeester | Boris Miletić (IDS) |
Amptelike webwerf | pula.hr Geargiveer 8 Maart 2017 op Wayback Machine |
Skeepsbou is die belangrikste industrie en Pula is die tuiste van Uljanik en Tehnomont, twee groot skeepsbouwerwe.
Toerisme vorm 'n baie belangrike deel van die ekonomie: die stad het baie ou Romeinse geboue en 'n warm klimaat met 'n groot strand.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.