![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/3/34/Provolone_Dolce.jpg/640px-Provolone_Dolce.jpg&w=640&q=50)
Provolone (kaas)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Provolone is 'n Italiaanse kaas, wat oorspronklik uit die suide van die land kom en daar nog steeds in verskillende vorms soos "pere" met 'n lengte van 10 tot 15 sentimeter, "worsies" of kegels vervaardig word. Tans is egter Noord-Italië, en hier veral Piëmont, Lombardye en Venesië, die sentrum van die Provolone-produksie.
Provolone | |
![]() | |
Herkoms | Italië (Cremona, Piacenza, Brescia, Verona, Vicenza, Rovigo, Padua, Lodi, Bergamo, Mantua, Trento) |
Vetgehalte | 44 % |
Vorm | Verskillende vorms (sien teks) |
Hoogte | Verskillende hoogtes |
Gewig | 5 kg (gemiddeld) |
Tipe | Halfharde kaas (filata) |
Oorsprong | Koeimelk (volmelk) |
Ook die term provolone, wat letterlik "groot Provola" beteken, is van Noord-Italiaanse herkoms en verwys na die grootte en vorm van hierdie kaas.