Prometium
From Wikipedia, the free encyclopedia
Prometium (simbool: Pm) is 'n chemiese element wat tot die lantaniede behoort. Dit kom nie in natuurlike vorm op die aarde voor nie, omrede daar geen stabiele isotope bestaan nie. Dit word egter in die splytingsprodukte van uraan aangetref.
| ||||||
Algemeen | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Naam, simbool, getal | prometium, Pm, 61 | |||||
Chemiese reeks | lantaniede | |||||
Groep, periode, blok | 3, 6, f | |||||
Atoommassa | 145[1] g/mol | |||||
Elektronkonfigurasie | [Xe] 4f56s2 | |||||
Elektrone per skil | 2, 8, 18, 23, 8, 2 | |||||
Fisiese eienskappe | ||||||
Toestand | vastestof | |||||
Digtheid (naby k.t.) | 7,26[2] g/cm³ | |||||
Smeltpunt | 1 315 K (1042[2] °C) | |||||
Kookpunt | 3 273 K (3 000[2] °C) |
Die Tsjegiese chemikus Bohuslav Brauner het in 1902 die bestaan van hierdie element voorspel, en verskeie groepe het later gemeld dat hulle dit gevind het. Dit het selfs die naam "Ilinium" (na Illinois) gekry, maar ander navorsers kon dit nie bevestig nie. Tydens die Manhattan-projek van die Tweede Wêreldoorlog het dit duidelik geword dat hierdie element lank reeds uitgestorwe is. Die stabielste isotoop 145Pm het net 'n halfleeftyd van 17,7 jaar. In 1944 het Marinsky, Glendenin en Coryell dit egter in splytingsprodukte in 'n atoomreaktor in Oak Ridge, Tennessee aangetref. Weens die destydse Wêreldoorlog is die vonds eers in 1946 gepubliseer.[3] Hulle het die nuwe element na die god Prometheus genoem.