President van Namibië
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die President van Namibië (Engels: President of the Republic of Namibia) is volgens die Namibiese grondwet die staatshoof van die Republiek van Namibië. Die president word direk deur die volk vir 'n termyn van vyf jaar verkies en vereis 50 persent plus een van die stemme. Volgens die grondwet van Namibië (Artikel 28 2b) word soveel stemmings gehou totdat 'n kandidaat die nodige meerderheid verwerf het.[1] 'n Herverkiesing word slegs een keer toegelaat, maar vir die stigtingspresident Sam Nujoma is as gevolg van 'n grondwetlike wysiging 'n unieke uitsondering gemaak.
Namibiese politiek |
Parlement van Namibië Nasionale Vergadering Nasionale Raad |
President Adjunkpresident Eerste minister Adjunkpremier |
Politici Politieke partye |
Hoogste Hof van Appèl Hooggeregshof |
Verkiesings |
Die President stel en verwerp die eerste minister as hoof van die regering en ander ministers en regters. Daarbenewens bepaal die President die riglyne van die beleid en is hoofbevelvoerder van die leër.[2] Die op 28 November 2014 nuutverkose president het vir die eerste keer die voorstelreg vir die verkiesing tot die nuutgeskepte posisie van adjunkpresident.
Vervolging is slegs moontlik op die basis van 'n grondwetlike oortreding of 'n ernstige oortreding van die wette.