Preah Khan
From Wikipedia, the free encyclopedia
Preah Khan (Khmer: ប្រាសាទព្រះខ័ន; "Koninklike Swaard") is ’n tempel uit die Khmer-ryk in Angkor, Kambodja. Dit is in die 12de eeu gebou vir koning Jayavarman VII ter ere van sy pa.[1]:383–384,389[2]:174–176 Dit is noordoos van Angkor Thom geleë en wes van die Jayatataka-baray, waarmee dit verbind is, en was die sentrum van ’n aansienlike organisasie met amper 100 000 amptenare en diensknegte. Dit het ’n plat ontwerp volgens ’n basiese plan, met opeenvolgende reghoekige galerye om ’n Boeddhistiese heiligdom. Daaromheen is kleiner Hindoe-tempels en talle latere byvoegsels. Nes die nabygeleë Ta Prohm, wat Jayavarman VII vir sy ma laat bou het, is Preah Khan feitlik glad nie gerestoureer nie en talle bome an ander plante groei tussen die ruïnes.
Preah Khan | ||
Koördinate | 13°27′43.1″N 103°52′17.7″O | |
Plaaslike naam | ប្រាសាទព្រះខ័ន | |
Land | ![]() | |
Soort | Tempel | |
Streek | Siem Reap | |
Geskiedenis | ||
Bouer | Jayavarman VII | |
Gestig | 1191 (voltooi) | |
Tydperk | Middeleeue | |
Kulture | Khmer-ryk |