From Wikipedia, the free encyclopedia
Stefanus VIII (IX) was die 127ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk. Weens die statusverandering van Pous Stefanus (II), was Stefanus VIII vanaf die begin van die 13de eeu tot 1961 bekend as Stefanus IX en was hy die 128ste pous. Sien Die spesiale geval van Pous Stefanus (II) vir volle besonderhede.
Pous Stefanus VIII (IX) is gebore in Rome, Italië van Duitse afkoms. Voor sy verkiesing was hy kardinaal-priester van Sint Silvester en Martinus. Op 14 Julie 939 volg hy Pous Leo VII op en regeer tot sy dood in laat Oktober 942. Hy word opgevolg deur Pous Marinus II. Die naam ‘Stefanus’ beteken 'die gekroonde'.
Pous Stefanus VIII (IX) was heeltemal onder die invloed van Alberic II en het slegs in naam regeer.[1]
Latere, ietwat onbetroubare bronne dui aan dat Stefanus betrokke was by 'n komplot teen Alberic, gevang en gemartel is en aan sy wonde beswyk het.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.