From Wikipedia, the free encyclopedia
Soter was die twaalfde pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Pous Soter(us)[1] is gebore in die dorp Fondi in Campanië, maar sy geboortedatum is onbekend. In 162 of 168 volg hy Pous Anicetus op en word in 170 of 177 na sy dood opgevolg deur Pous Eleuterus. Die naam ‘Soter’ beteken redder, verlosser of heiland.
Pous Soter staan bekend as die ‘pous van die liefdadigheid’. Hy het met die montaniste te kampe gehad tydens sy bewind. Hy het beslis dat 'n huwelik slegs geldig is as dit deur 'n priester ingeseën is. Hy sit Pous Anicetus se beleid voort met die jaarlikse viering van die Paasfees in Rome.
Pous Soter is gemartel tydens die christenvervolging onder Markus Aurelius en word as heilige vereer, sy feesdag is op 22 April. Hy is begrawe in die Callixtus katakombe in Rome.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.