From Wikipedia, the free encyclopedia
Simplicius was die 47ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Pous Simplicius is gebore in Tivoli, die seun van Castinus. Op 3 Maart 468 volg hy Pous Hilarius op en regeer tot sy dood op 10 Maart 483. Hy word opgevolg deur Pous Felix III. Die naam ‘Simplicius’ beteken 'die Eenvoudige'.
Tydens die pontifikaat van Pous Simplicius is Rome verower deur verskeie Germaanse stamme. Odoaker word op 4 September 476 koning van Rome na die opstand van die Heruli huursoldate, maar verander nie aan die mag van die pous. Die kroning van Odoaker bring ook 'n einde aan die Wes-Romeinse Ryk onder die laaste keiser Romulus Augustus. Simplicius veroordeel die monofisiete en verdedig die besluite van die konsilie van Chalcedon met die hulp van keiser Zenon. Pous Simplicius het die kerk genoem na die maagd en martelares Sint Bibiana laat bou.
Simplicius word as heilige vereer in die Rooms-Katolieke Kerk. Sy feesdag is op 10 Maart.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Simplicius. |
Saamgestel uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia.
Voorafgegaan deur Hilarius |
Pous (Pontifex Maximus) 468 – 483 |
Opgevolg deur Felix III |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.