Callixtus I was die sestiende pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Kitsfeite Geboortenaam, Pontifikaat begin ...
Pous Callixtus I
Thumb
Geboortenaam Callixtus of Callistus
Pontifikaat begin 217
Pontifikaat eindig 14 Oktober 222
Voorganger Zefirinus
Opvolger Urbanus I
Gebore 155
Griekeland
Sterf 14 Oktober 222
Rome, Italië[1]
Ander pouse genaamd Callixtus
Sluit
Kitsfeite Sint Pous Callixtus I, Gebore ...
Sint Pous Callixtus I
Gebore 155, Griekeland
Sterfte 14 Oktober 222, Rome, Italië
Vereer in Rooms-Katolieke Kerk
Feesdag 14 Oktober
Beskermheilige Begraafplaaswerkers[2]
Sluit

Biografie

Thumb
Standbeeld van Pous Callixtus I in die Katedraal van Reims

Pous Callixtus I (ook Calixtus of Calistus) is waarskynlik gebore in 155 in 'n Griekse slawefamilie en het in Trastevere, 'n woonwyk in Rome aan die Tiber se regteroewer, groot geword. Hy sterf op 14 Oktober 222. Die naam Callixtus beteken “die mooiste”. In 217 volg hy Pous Zefirinus op en word na sy dood opgevolg deur Pous Urbanus I. Hy was pous tydens die bewind van die Romeinse keisers Heliogabalus en Alexander Severus.

Sy teenstander Hippolitus beskryf sy jeug. Callixtus was as jong slaaf die bestuurder van 'n bank, maar het geld verloor. Hy het uit Rome gevlug, maar is by die see naby Portus gevang en na sy meester Carpophorus in Rome teruggestuur. Sy krediteure het egter gevra dat hy vrygelaat moet word in die hoop dat hy genoeg geld sou verdien om hulle terug te betaal. Callixtus is egter gearresteer toe hy in 'n sinagoge met Joodse geldskieters baklei het. Weens sy geloof is hy na die soutmyne van Sardinië gestuur. Op voorspraak van Marcia, 'n minnares van die keiser Commodus is hy saam met ander Christene in 190 vrygelaat. Omdat sy gesondheid sleg was het Pous Victor I hom onderdak verskaf.

Pous Callixtus gee sy naam aan die Callixtus katakombe langs die Via Appia. Hy is daar begrawe en na hom is alle pouse tot Pous Eutichianus daar begrawe met die uitsondering van Pous Cornelius. Die katakombe was vergeet en verlore totdat dit in 1849 deur die argeoloog Giovanni Battista de Rossi herontdek is. Dit staan tans bekend as die Capello dei Papi. Volgens die legende sterf Callixtus self deurdat hy in 'n put gegooi is by die Santa Maria kerk in Trastevere.

Pontifikaat

Een van sy belangrikste besluite was dat alle sondes vergewe kan word, ook moord, owerspel en verkragting. Dit het gelei tot 'n kerkskeuring (skisma) waarby die eerste teenpous, Pous Hippolitus gekies is.

Verering

Callixtus word as martelaar en heilige vereer in die Rooms-Katolieke Kerk veral in Todi (Italië). Sy relieke word in verskeie kerke aangehou, onder andere in Cysoing by Doornik, Reims, Fulda, Napels en Rome. Sy feesdag is sy sterfdag 14 Oktober.

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Nota

Opvolging

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.