Port Said
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Port Said (Arabies: بورسعيد, dikwels getranslitereer as Bur Said) is 'n belangrike hawestad in die noordooste van Egipte, geleë aan die Middellandse See. Die noordelike ingang van die Suezkanaal is hier geleë. In 2003 het die stad 560 000 inwoners gehad, met 'n geskatte bevolking van 603 787 teen 2010.[1]
Die stad is nie baie oud nie; dit is in 1859 deur Said Pasja gestig tydens die bou van die Suezkanaal waaraan die stad lê. Die hawe is om verskeie redes van belang, beide internasionaal asook vir die Egiptiese ekonomie: toerisme, skeepsvaart, handel en vissery.
Port Said word in die tweede plek gelys van Egiptiese stede volgens die menslike ontwikkelingsindeks in 2009 en 2010,[2] die ekonomiese basis van die stad is visvangs en bedrywe soos chemikalieë, verwerkte voedsel, en sigarette. Port Said is ook 'n belangrike hawe vir die uitvoer van die Egiptiese produkte soos katoen en rys, maar is ook 'n vulstasie vir skepe wat deur die Suezkanaal beweeg. Dit floreer op 'n belastingvrye hawe, sowel as 'n toeriste-oord, veral gedurende die somer.[3] Dit is die tuiste van die vuurtoring van Port Said (die eerste gebou in die wêreld gebou van gewapende beton).
Daar is talle ou huise met groot balkonne op al die vloere, wat aan die stad sy kenmerkende voorkoms verleen. Port Said het 'n tweelingstad, Port Fuad, wat op die oostelike oewer van die kanaal lê. Die twee stede bestaan naas mekaar, tot so 'n mate dat daar skaars enige dorpsentrum in Port Fuad is. Die stede word verbind deur gratis veerbote wat almal dwarsdeur die dag opereer, en saam vorm dit 'n metropolitaanse gebied met meer as 'n miljoen inwoners wat aan beide die Afrika- en Asiatiese kante van die Suezkanaal strek. Die enigste ander metropolitaanse gebied in die wêreld wat ook oor twee vastelande strek is Istanboel.
Port Said is gestig deur Sa'id van Egipte op Paasmaandag, 25 April 1859, toe Ferdinand de Lesseps met die eerste simboliese swaai van die pik die begin van die konstruksiewerk aangedui het. Die eerste probleem wat ondervind is, was dat die skepe nie plek in die omgewing gehad het om anker te gooi nie. Gelukkig is 'n enkele rotswand naby die kuslyn ontdek, slegs 'n paar honderd meter weg. Toegerus met 'n houtkaai, het dit gedien as 'n ankerbed vir die skepe. Hierdie rots word beskou as die hart van die ontwikkeling van die stad, en dit was op hierdie hoogs simboliese plek, waar daar veertig jaar later 'n monument vir de Lesseps opgerig is.
Daar was geen plaaslike hulpbronne hier beskikbaar nie. Alles wat Port Said benodig het, moes ingevoer word: hout, klip, voorrade, masjinerie, toerusting, behuising, kos en selfs water. Reuse wateropgaarhouers is opgerig om vars water te voorsien totdat die "Sweet Water Canal" voltooi is. Een van die ergste probleme was die gebrek aan klip. Vroeë geboue is dikwels ingevoer in boustelvorm deur grootskaalse gebruikmaking van hout. 'n Nuutontwikkelde tegniek is gebruik om die hawehoof te bou, by name konglomeraatbeton. Kunsmatige blokke van beton is in die see gesink vir die fondamente van die hawehoof. Nog meer innoverend was die gebruik van die dieselfde beton vir die bou van die vuurtoring van Port Said, die enigste oorspronklike gebou wat nog steeds staan in Port Said. In 1859 het die eerste 150 arbeiders kamp opgeslaan in tente rondom 'n houtskuur. Slegs 'n jaar later het die aantal inwoners reeds tot 2000 gestyg.
Sedert sy stigting het mense van alle nasionaliteite en godsdienste inbeweeg om die stad en elke gemeenskap sy eie gebruike, kookkuns, godsdiens en argitektuur te gee. Teen die laat 1920's het die bevolking meer as 100 000 mense getel. In die 1930's byvoorbeeld is daar elegante openbare geboue ontwerp deur die Italiaanse argitekte. Die ou Arabiese Kwartiere is verslind in die vooruitstrewende stad.[4] Port Said was nou 'n vooruitstrewende, bedrywige internasionale hawe met 'n multi-nasionale bevolking: Joodse handelaars, Egiptiese winkeliers, Griekse fotograwe, Italiaanse argitekte, Switserse hoteliers, Maltese administrateurs, Skotse ingenieurs, Franse bankiers en diplomate van regoor die wêreld. Almal het saam met die groot plaaslike Egiptiese gemeenskap gewoon en gewerk. En deurentyd het internasionale reisigers van en na Afrika, Indië en die Verre Ooste hier deurgereis. Ondertrouery tussen die Franse, Italianers en Maltese was veral algemeen, wat 'n plaaslike Latynse en Katolieke gemeenskap soos dié van Alexandrië en Kaïro laat onstaan het. Frans is die gemeenskaplike taal van die Europese en nie-Arabiese bevolking, en dikwels is dit die eerste taal van kinders wat gebore is van ouers uit verskillende gemeenskappe. Meertaligheid is 'n kenmerk van die buitelandse bevolking van Port Said, met die meeste mense wat voortgaan om die gemeenskapstale sowel as die algemene Frans te praat.
Port Said het 'n warm woestynklimaat (BWh) volgens die Köppen-klimaatklassifikasie, maar winde wat van die Middellandse See af inwaai, maak die temperature baie gematig, tipies van die noordkus van Egipte, met somers matig warm en vogtig terwyl winters matig en nat is wanneer dit reën. Hael is ook algemeen, maar minder algemeen as in Alexandrië, want Port Said is droër. Januarie en Februarie is die koelste maande, terwyl die warmste Julie en Augustus is.
Die hoogste rekordtemperatuur was 44 °C (111 °F), aangeteken op 20 Junie 1988, terwyl die laagste rekordtemperatuur 0 °C (32 °F), was op 25 Desember 1979.[5]
Port Said, Kosseir, Ras El Bar, Baltim, Damietta en Alexandria het die minste temperatuurskommeling in Egipte, verder het Mersa Matruh en Port Said die koelste somersdae van enige ander stede en oorde aan die noordkus.
Moderne Port Said is verdeel in sewe distrikte:
Daar is ook Port Fouad-stad onder die jurisdiksie van Port Said, wat die metropolitaanse Port Said vorm.
Port Said het 'n aantal hoëronderwys-instellings. Port Said Universiteit is 'n openbare universiteit wat volg op die Egiptiese stelsel van hoër onderwys. Die mees noemenswaardige fakulteite van die universiteit is die fakulteit van ingenieurswese en die fakulteit natuurwetenskappe. Daarbenewens, is die Arabiese Akademie vir Wetenskap en Tegnologie en Maritieme Vervoer 'n semi-privaat opvoedkundige instelling wat kursusse aanbied vir hoërskoliere en voorgraadse studente.
Port Said beskik oor 349 skole in al die verskillende opvoedkundige fases tussen die regering, eksperimentele en privaattaalskole, benewens die Franse historiese skole.
Die hawe van Port Said is die 28ste besigste hawe vir houervrag, die tweede besigste in die Arabiese wêreld (net na die hawe van Salalah in Oman), en die besigste houerhawe in Egipte, met 3 470 000 TEU wat in 2009 hanteer is.[6]
Die hawe word seewaarts begrens deur 'n denkbeeldige lyn van die westelike breekwatergrens tot by die oostelike breekwater se einde. Vanaf die Suezkanaalgebied word dit begrens deur 'n denkbeeldige lyn wat dwars strek vanaf die suidelike oewer van die kanaal en met Lake Manzala verbind.
Port Said word bedien deur Port Said Lughawe, wat ongeveer 6 km uit die middestad geleë is.
Die lughawe is heropen in Februarie 2011 nadat dit gemoderniseer is om ook internasionale vlugte te hanteer.[7]
Daar is drie hoofpaaie wat Port Said aan die ander stede in Egipte verbind:
Port Said se treinstasie is langs Fabianstraat en is rondom 1904 gebou, toe die Egiptiese Spoorwegoutoriteit sy dienste in die streek uitgebrei het.[8]
Port Said word per veerboot verbind aan sy tweelingstad Port Fouad wat beskou word as die Asiatiese deel van hierdie Afro-Asiatiese goewernaat "Port Said" op die oostelike oewer van die Suezkanaal. Die veerbote word gebruik om die kanaal tussen die twee stede oor te steek; beide mense en motors word gratis vervoer, en die vaartyd tussen die twee stede oor die kanaal is nie meer as 10 minute nie.
Openbare busse word deur die Port Said Goewernaat se Agentskap vir Openbare Passasiersvervoer bedryf. Privaatvervoer is ook beskikbaar as mikrobusse (14-sitplek minibus). Die wit-en-blou motortaxi's is gemaklik en vra redelike pryse. Vroeër het ook trolliebusse in die stad geloop.
Misr Openbare Biblioteek naby die strand in Port Said is in 2004 ingewy om die mense van die stad te bedien. Die totale vloeroppervlakte van die biblioteek is oor die 12 500 m2 en is omring deur 'n tuin en kafeteria vir sy besoekers. Die biblioteek is verdeel in sale vir kinders, volwassenes, opleidingsentrum, 'n spesiale saal vir seminare en 'n saal vir oudio-visuele materiaal. Die biblioteek het teen sy inhuldiging oor die 14 000 boeke gehad en is voorsien van ensiklopedieë en moderne verwysings.[9]
Die belangrikste sport in Port Said is sokker, soos ook die geval is in die res van Egipte en Afrika. Port Saidis is bekend vir hul entoesiasme ter ondersteuning van hul gewilde span Al-Masry Klub.
Die tweede gewildste sport in Port Said is handbal. Die stad het 'n klub genaamd Port Said Klub wat baie plaaslike en Afrika-toernooie gedurende die negentigerjare gewen het.
Port Said is 'n groot someroord en toeriste-aantreklikheid, as gevolg van sy openbare en private strande, kosmopolitiese erfenis, museums en die belastingvrye hawe, saam met ander landmerke soos die vuurtoring van Port Said, Port Said Martelare Gedenkteken wat die vorm het van die Farao antieke obeliske en die gebou van die Suezkanaal Gesag hoofkwartier in Port Said. Tennis eiland is geleë in lake Manzaleh, 'n bestemming wat toeriste lok om hierdie antieke Islamitiese stad te besoek wat gesloop is gedurende die kruistogte.
Ashtoum el-Gamil is 'n nasionale park en natuurlike beskermde gebied, 7 km wes van Port Said op die Port Said-Damietta-kuspad.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.