Pornografiese subgenres
Wikimedia lysartikel / From Wikipedia, the free encyclopedia
Pornografie is die eksplisiete uitbeelding van seksdade met die doel om seksueel te prikkel. Dit word gewoonlik onderverdeel in spesifieke subgenres. Pornografie word tradisioneel geklassifiseer as óf "sagte" óf "harde" pornografie.
- Sagte pornografie bevat gewoonlik naaktheid of gedeeltelike naaktheid in seksueel suggestiewe situasies, maar geen eksplisiete seksuele aktiwiteit, penetrasie of ekstreme fetisjisme nie.[1]
- Harde pornografie bevat grafiese seksuele aktiwiteit, penetrasie[2] en dikwels ook fetisjisme.
Die meeste subgenres kan weer geklassifiseer word in eienskappe van die akteurs of die soort seksdade, wat dalk verskil van die nismark waarop dit gerig is.
Omdat die deursnee-pornografie op die manlike kyker gerig is, was die aktrises se eienskappe tradisioneel die belangrikste. Al hoe meer pornografie word egter op die vroulike kyker gerig en dit maak die akteurs se eienskappe deesdae ook belangrik. Verder is daar nuwe subgenres soos klein penisse, spiere en feministiese pornografie.[3][4]
Die meeste genres op hierdie lys hou verband met harde porografie.