Pomare V
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Pomare V of Pōmare V (3 November 1839 – 12 Junie 1891) was van 1877 tot met sy gedwonge abdikasie in 1880 die vyfde en laaste monarg van die Koninkryk Tahiti. Hy was die seun van koningin Pomare IV.
Pomare V | |
---|---|
Koning | |
Dinastie | Pomare |
Bewind | 17 September 1877 – 29 Junie 1880 |
Kroning | 24 September 1877 |
Volle naam | Teriʻitariʻa Terātane Pōmare |
Gebore | 3 November 1839 |
Afaʻahiti, Taravao | |
Gesterf | 12 Junie 1891 (op 51) |
Koninklike paleis, Papeete, Tahiti | |
Voorganger | Pomare IV |
Eggenote | Teuhe |
Marau Salmon | |
Kinders | Teriʻi nui o Tahiti Ariʻi Manihinihi Ernest Albert Salmon |
Vader | Ariʻifaʻaite |
Moeder | Pomare IV |
Hy het die Tahitiaanse kroonprins geword met die dood van sy oudste broer op 13 Mei 1855. Ná sy ma se dood op 17 September 1877 het hy die troon bestyg; hy is op 24 September 1877 in Papeete gekroon.
Sy eerste vrou was Teuhe, van wie hy in 1861 geskei is. Hy is op 28 Januarie 1875 met sy tweede vrou, Joanna Marau-Ta'aroa Te-pa'u Salmon, getroud – sy was daarna bekend as haar majesteit koningin Marau van Tahiti. Hy is in 1887 van haar ook geskei.
Pomare V het ’n seun en twee dogters gehad.
Op 29 Junie 1880 het hy Tahiti en sy afhanklike eilande aan Frankryk oorgedra, waarna hy ’n pensioen van die Franse regering gekry het. Hy is in die koninklike paleis in Papeete aan alkoholisme dood.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.