![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/19/South_Africa_Limpopo_location_map.svg/langaf-640px-South_Africa_Limpopo_location_map.svg.png&w=640&q=50)
Polokwane Internasionale Lughawe
From Wikipedia, the free encyclopedia
Polokwane Internasionale Lughawe, voorheen bekend as Pietersburg Internasionale Lughawe of Gateway Internasionale Lughawe (IATA: PTG, ICAO: FAPP), is 'n lughawe in diens van die stad Polokwane (tot 2005 bekend as Pietersburg) in die Limpopoprovinsie van Suid-Afrika. Die lughawe is 5 km noord van die stad geleë.[2] Dit is in 1996 geopen op die perseel van die voormalige Lugmagbasis Pietersburg.[3]
Polokwane Internasionale Lughawe (voorheen Gateway Int. Lughawe) | |||
---|---|---|---|
IATA: PTG – ICAO: FAPP
| |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Openbaar | ||
Bedien | Polokwane (Pietersburg), Suid-Afrika | ||
Hoogte bo seevlak | 4 076 vt / 1 242 m | ||
Koördinate | 23.8453°S 29.4586°O / -23.8453; 29.4586 | ||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
vt | m | ||
01/19 | 8 400 | 2 560 | Teer |
05/23 | 7 612 | 2 320 | Teer |
Statistieke (2010/11) | |||
Passasiers | 58 723[1] | ||
Vragmassa | 69,4 metrieke ton | ||
Lugbewegings | 7 783 | ||
Bron: WorldAeroData.com, 16 November 2007. |
Die lughawe het geskeduleerde vlugte van en na Johannesburg se O.R. Tambo Internasionale Lughawe, met vyf vlugte op weeksdae, een vlug op Saterdae en twee op Sondae.[4] In 2010/11 het die lughawe 7 783 vlugte met 58 723 passasiers vir die jaar hanteer.[3]
In April 2021 het Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid die lughawe se lisensiekategorie weens die onvoldoende voorsiening van veiligheidsdienste vir geskeduleerde kommersiële vlugte afgegradeer. Vervolgens het Airlink sy vlugte hierheen opgeskort.[5]