hoogsaansteeklike siekte From Wikipedia, the free encyclopedia
Poliomiëlitis, ook kinderverlamming of kortweg polio genoem, is 'n gevaarlike en hoogsaansteeklike siekte. Die siekte het al baie kinders in die geskiedenis geaffekteer. Dit kom egter nie meer algemeen voor nie. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie het polio, sedert immunisasie in 1955 beskikbaar geword het, met 99% afgeneem.[1]
Land | Aktiewe gevalle | Sirkuleerende entstof- verwante gevalle | Oordrag- status | Tipe(s) |
---|---|---|---|---|
Afghanistan | 21 | 0 | endemies |
WPV1 |
Pakistan | 12 | 0 | endemies |
WPV1 |
DR Kongo | 0 | 20 | slegs cVDPV |
cVDPV2 |
Indonesië | 0 | 1 | slegs cVDPV |
cVDPV1 |
Mosambiek | 0 | 1 | slegs cVDPV |
cVDPV2 |
Niger | 0 | 10 | slegs cVDPV |
cVDPV2 |
Nigerië | 0 | 34 | slegs cVDPV |
cVDPV2 |
Papoea-Nieu-Guinee | 0 | 26 | slegs cVDPV |
cVDPV1 |
Somalië | 0 | 12 | slegs cVDPV |
cVDPV2/3 |
Totaal | 33 | 104 |
Poliomiëlitis | ||
Klassifikasie en eksterne bronne | ||
Man wat se been as gevolg van polio aangetas is. | ||
ICD-10 | A80, B91 | |
ICD-9 | 045, 138 | |
DiseasesDB | 10209 | |
MedlinePlus | 001402 | |
eMedicine | ped/1843pmr/6 | |
MeSH | C02.182.600.700 | |
Mediese waarskuwing |
Die poliovirus dring die liggaam deur die mond binne. Dit word gewoonlik as gevolg van swak higiëne of die inname van besmette water of voedsel versprei. Die virus se inkubasietyd is meestal 6-20 dae. Dit val die sentrale senuweestelsel aan en vernietig die senuweeselle wat vir spierwerking verantwoordelik is. Die persoon se arms en bene word meestal geaffekteer en kan verlamming veroorsaak.
Hoewel immunisasie teen polio vryelik beskikbaar en effektief is, is daar tans geen medikasie vir mense wat dit reeds opgedoen het nie. Die behandeling is daarop gemik om die persoon so gemaklik as moontlik te maak en die hersteltyd te versnel. Die simptome van polio verskil afhangend van hoe erg die infeksie is. Sommige mense ervaar slegs moegheid, koors, hoofpyn, keelseer en braking. Die simptome is gewoonlik vir een tot twee weke teenwoordig. By ongeveer 2% van pasiënte kom abnormale sensasie (gevoel), swaar asemhaling, moelike sluk, spierpyne, spierspasmas en verlamming voor. Hierdie simptome word deur die infeksie en inflammasie in die sentrale senuweestelsel en spinaalkoord veroorsaak.
In die kroniese fase is die verlamming ongeneeslik en lei dit tot blywende spierswakte. By groeiende kinders kan dit misvorming veroorsaak, deurdat die aangetaste ledemate nie normaal ontwikkel nie, of deur spiere kromgetrek word. As dit die asemhalingspiere aantas kan dit tot die dood lei.
Jonas Salk het in 1952 'n entstof ontwikkel teen polio.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.