Poliomiëlitis, ook kinderverlamming of kortweg polio genoem, is 'n gevaarlike en hoogsaansteeklike siekte. Die siekte het al baie kinders in die geskiedenis geaffekteer. Dit kom egter nie meer algemeen voor nie. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie het polio, sedert immunisasie in 1955 beskikbaar geword het, met 99% afgeneem.[1]

Meer inligting Land, Aktiewe gevalle ...
Bevestigde gevalle van Poliomiëlitis in 2018[2][3]
LandAktiewe
gevalle
Sirkuleerende
entstof-
verwante
gevalle
Oordrag-
status
Tipe(s)
Vlag van Afghanistan Afghanistan 21 0

 endemies

 WPV1

Vlag van Pakistan Pakistan 12 0

 endemies

 WPV1

Vlag van Demokratiese Republiek die Kongo DR Kongo 0 20

 slegs cVDPV

 cVDPV2

Vlag van Indonesië Indonesië 0 1

 slegs cVDPV

 cVDPV1

Vlag van Mosambiek Mosambiek 0 1

 slegs cVDPV

 cVDPV2

Vlag van Niger Niger 0 10

 slegs cVDPV

 cVDPV2

Vlag van Nigerië Nigerië 0 34

 slegs cVDPV

 cVDPV2

Vlag van Papoea-Nieu-Guinee Papoea-Nieu-Guinee 0 26

 slegs cVDPV

 cVDPV1

Vlag van Somalië Somalië 0 12

 slegs cVDPV

 cVDPV2/3

Totaal33104
Sluit
Die dekade van die laaste aangetekende geval van verlamde polio.[4]
Kitsfeite
Poliomiëlitis
Klassifikasie en eksterne bronne
Man wat se been as gevolg van polio aangetas is.
Man wat se been as gevolg van polio aangetas is.
ICD-10A80, B91
ICD-9045, 138
DiseasesDB10209
MedlinePlus  001402
eMedicineped/1843pmr/6
MeSHC02.182.600.700
Mediese waarskuwing
Sluit

Die poliovirus dring die liggaam deur die mond binne. Dit word gewoonlik as gevolg van swak higiëne of die inname van besmette water of voedsel versprei. Die virus se inkubasietyd is meestal 6-20 dae. Dit val die sentrale senuweestelsel aan en vernietig die senuweeselle wat vir spierwerking verantwoordelik is. Die persoon se arms en bene word meestal geaffekteer en kan verlamming veroorsaak.

Hoewel immunisasie teen polio vryelik beskikbaar en effektief is, is daar tans geen medikasie vir mense wat dit reeds opgedoen het nie. Die behandeling is daarop gemik om die persoon so gemaklik as moontlik te maak en die hersteltyd te versnel. Die simptome van polio verskil afhangend van hoe erg die infeksie is. Sommige mense ervaar slegs moegheid, koors, hoofpyn, keelseer en braking. Die simptome is gewoonlik vir een tot twee weke teenwoordig. By ongeveer 2% van pasiënte kom abnormale sensasie (gevoel), swaar asemhaling, moelike sluk, spierpyne, spierspasmas en verlamming voor. Hierdie simptome word deur die infeksie en inflammasie in die sentrale senuweestelsel en spinaalkoord veroorsaak.

In die kroniese fase is die verlamming ongeneeslik en lei dit tot blywende spierswakte. By groeiende kinders kan dit misvorming veroorsaak, deurdat die aangetaste ledemate nie normaal ontwikkel nie, of deur spiere kromgetrek word. As dit die asemhalingspiere aantas kan dit tot die dood lei.

Entstof

Jonas Salk het in 1952 'n entstof ontwikkel teen polio.

Verwysings

Verdere leesstof

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.