From Wikipedia, the free encyclopedia
Polichloor-bifeniele (PCB's) is 'n groep organiese verbindings met tussen 1 tot 5 chlooratome wat verbind is aan 'n bifenielgroep wat 'n molekule is wat bestaan uit twee benseenringe wat elkeen ses koolstofatome bevat. Die veralgemeende chemiese formule vir alle PCB's is C12H10-xClx.
PCB's is gebruik as diëlektriese vloeistowwe in transformators en kapasitore, verkoelings- en smeermiddels en stabiliserende bymiddels in buigsame PVC bekledings vir elektriese drade en elektroniese komponente, insekdoders, sny-olies, brandvertragers, hidrouliese vloeistowwe, seëlaar, gom, hout- en vloer afwerkings,[1] verwe, en koolpapier.[2]
Die vervaardiging van PCB's is in die 1970's verban vanweë die hoë mate van giftigheid van die meeste PCB's. PCB's word geklassifiseer as 'n langlewende organiese besoedelaar wat in diere akkumuleer.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.