Pieter-Dirk Uys
From Wikipedia, the free encyclopedia
Pieter-Dirk Uys (gebore 28 September 1945 in Kaapstad) is 'n Suid-Afrikaanse satirikus, verhoogkunstenaar, skrywer en sosiale aktivis.
Pieter-Dirk Uys | |
Pieter-Dirk Uys in 2008 op Darling. | |
Geboorte | 28 September 1945 (1945-09-28) (78 jaar oud) Kaapstad |
---|---|
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep(e) | Satirikus, kunstenaar, skrywer |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Regte
Burgerlike verbintenis • Selfdegeslaghuwelik
Bekende persone
Zoliswa Nkonyana • Simon Nkoli • Edwin Cameron • Pieter-Dirk Uys • Charl van den Berg • Zackie Achmat
Kultuur
Gayle • IsiNgqumo
Gebeure
Kaapstad Pride • Durban Pride • Johannesburg Pride • Soweto Pride
Media
Wrapped • Behind the Mask
Ander
Korrektiewe verkragting
Hy is die seun van 'n Afrikanerpa en 'n Berlynsgebore Joodse moeder. Hy het in die tradisies van die NG Kerk grootgeword[1] en was 'n leerder aan die Afrikaanse staatskool in die Kaapse voorstad Mowbray, die Hoërskool Nassau. Sy vader, Hannes Uys was 'n orrelis van 1928 tot 1982 in agtereenvolgens die NG gemeente Drieankerbaai, NG gemeente Kaapstad (Groote Kerk) en NG gemeente Rondebosch en van 1962 tot 1972 'n musiekonderwyser aan die Hoërskool Groote Schuur in Nuweland, terwyl sy suster Tessa, haar onderskei het as konsertpianiste.
In 2005 ontvang Uys die Erepenning vir Toneelkuns van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns terwyl Pieter Toerien in dieselfde jaar die Erepenning vir Teaterbevordering ontvang.
Evita Bezuidenhout is die vroulike- nie transgender- alter ego van Pieter-Dirk Uys. Uys beskryf haar as “die mees bekende wit vrou in Suid-Afrika” en hy het selfs al vir haar 'n biografie geskryf. As Tannie Evita lewer Uys politieke en sosiale kommentaar op 'n satiriese wyse en gebruik hy sy alter ego op 'n aktivistiese wyse.