Piet Cronjé
From Wikipedia, the free encyclopedia
Generaal Piet Cronjé (1836—1911) was 'n leier in die Zuid-Afrikaansche Republiek se militêre magte tydens die Eerste- en Tweede Vryheidsoorlog. Ná die oorlog is hy na Amerika, waar hy die Slag van Paardeberg (sy vernederende oorgawe met 4 000 man aan ’n Britse oormag onder lord Roberts) in ’n sirkus voor Amerikaanse gehore opgevoer het. Sonja Loots se roman Sirkusboere is op dié historiese gegewens gegrond.[1]