Pierre van Ryneveld
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Generaal Sir Hesperus Andrias van Ryneveld (bekend as Pierre van Ryneveld) KBE, CB, DSO, MC (2 Mei 1891 - 2 Desember 1972) was 'n Suid-Afrikaanse militêre bevelvoerder en vlieënier. Hy was die stigtersbevelvoerder van die Suid-Afrikaanse Lugmag.
Pierre van Ryneveld | |
---|---|
Pierre van Ryneveld en Quinton Brand in Februarie 1920 | |
Bynaam(e) | Pierre |
Geboortedatum | 2 Mei 1891 |
Geboorteplek | Senekal, Oranje-Vrystaat |
Sterfdatum | 2 Desember 1972 (81 jaar oud) |
Sterfplek | Pretoria |
Lojaliteit | Verenigde Koninkryk Suid-Afrika |
Diens/Tak | Royal Flying Corps Britse Lugmag Suid-Afrikaanse Lugmag |
Jare in diens | Augustus 1914 – 2 Mei 1949 |
Rang | Generaal |
Poste beklee | Suid-Afrikaanse Lugmag Suid-Afrikaanse Weermag |
Veldslae/oorloë | Eerste Wêreldoorlog Tweede Wêreldoorlog |
Hy is op 2 Mei 1891 in Senekal, Oranje-Vrystaat gebore. Hy studeer aan die Grey-kollege in Bloemfontein. Hy sluit hierna aan by die pasgestigte Unie-Verdedigingsmag en gaan studeer aan die Imperial Staff College in Engeland. Tydens die Eerste Wêreldoorlog veg hy in Frankryk en die Midde Ooste; eers saam met die Royal North Lancashire Regiment en toe van April 1915 af by die Royal Flying Corps.Vir sy diens in die oorlog is die Distinguished Service Order en Military Cross aan Van Ryneveld toegeken. Voorts is hy genoem in militêre kabels en het die Chevalier van die Legion of Honour van die Franse regering ontvang.[1]
Na die oorlog is Van Ryneveld deur die Eerste Minister Jan Smuts na Suid-Afrika teruggeroep om die Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM) te stig.[2] Hy word beroemd vir sy historiese vlug in 1920 vanaf Londen na Kaapstad via Kaïro. In 1920 het The Times 'n prys van £ 10,000 aangebied vir die eerste vlieënier om van Londen na Kaapstad, Suid-Afrika, te vlieg. Genl. Smuts wou dat Suid-Afrikaanse vlieëniers hierdie roete eerste vlieg en het daarna die aankoop van 'n Vickers Vimy, G-UABA, genaamd Silver Queen, teen 'n koste van £ 4,500 gemagtig. Sir C.J. Quinton Brand het hom op hierdie vlug vergesel.[3] Hy word direkteur van Lugdienste vir Suid-Afrika in 1920, en het dit tot 1933 bestuur. In 1929 was hy ook Kommandant van die Suid-Afrikaanse Militêre Kollege en Voorsitter van die Burgelike Lugvaartraad in 1931. In 1933 hy as hoof van die algemene personeel van die Unie-weermag bevorder is.[4] Vir die volgende vier jaar het die SALM egter onder Van Ryneveld se direkte beheer gebly, aangesien niemand tot 1937 as die Lugmag se direkteur aangestel is nie. Hy was die hoof van die Generale Staf onder genl. Jan Smuts tydens die Tweede Wêreldoorlog. Hy tree in Mei 1949 af.[5]
Die Pretoriase voorstad van Pierre van Ryneveldpark is in sy eer benoem en ook die lughawe net noord van Upington in die Noord-Kaap. Sir Pierre van Ryneveld Hoërskool is in Kempton Park, Gauteng. Die SALM se jaarlikse lugkragsimposium staan bekend as die Sir Pierre Van Ryneveld-lugkragsimposium.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.