From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Piasensium is die laaste chronostratigrafiese etage sowel as geologiese tydsnede van onderskeidelik die sisteem en periode Neogeen (serie/epog Plioseen). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.
Periode/ sisteem |
Epog/ serie |
Tydsnede/ etage |
M. jaar gelede | |
---|---|---|---|---|
Kwartêr | Pleistoseen | Gelasium | jonger | |
Neogeen | Plioseen | Piasensium | 2,588–3,600 | |
Zancleum | 3,600–5,332 | |||
Mioseen | Messinium | 5,332–7,246 | ||
Tortonium | 7,246–11,608 | |||
Serravallium | 11,608–13,65 | |||
Langhium | 13,65–15,97 | |||
Burdigalium | 15,97–20,43 | |||
Aquitanium | 20,43–23,03 | |||
Paleogeen | Oligoseen | Chattium | ouer | |
Die verdeling van die Neogeen (IKS). |
Die tydperk was van sowat 3,6 tot 2,588 miljoen jaar gelede.[1] Dit is voorafgegaan deur die Zancleum en gevolg deur die eerste etage/tydsnede van die Kwartêr, die Gelasium.
Die Piasensium is in 1858 deur Karl Mayer-Eymar genoem na die Italiaanse stad Piacenza. Die globale stratotipepunt vir die etage lê by Punta Piccola op Sisilië.[2]
Die basis van die etage word gedefinieer deur die begin van die magnetiese chronosone C2An en die uitsterwing van die Foraminifera-spesies Globorotalia margaritae en Pulleniatina primalis; die bokant word gedefinieer deur die basis van die magnetiese chronosone C2r en die laaste voorkoms van die nannoplankton-soorte Discoaster pentaradiatus en Discoaster surculus.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.