Pi
wiskundige konstante / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die wiskundige konstante π (geskryf as "pi" wanneer die Griekse letter nie beskikbaar is nie, uitgespreek "pie") word algemeen in wiskunde en fisika gebruik. In Euclidiese meetkunde word π gedefinieer as óf die verhouding van 'n sirkel se omtrek tot sy deursnit, óf as die oppervlakte van 'n sirkel van radius 1 (die eenheidsirkel). Die meeste moderne handboeke definieer π analities deur trigonometriese funksies te gebruik, soos bv. as die kleinste positiewe x waarvoor sin(x) = 0, of twee maal die kleinste positiewe x waarvoor cos(x) = 0. Al hierdie definisies is ekwivalent.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/2/2a/Pi-unrolled-720.gif/640px-Pi-unrolled-720.gif)
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/8a/Greek_lc_pi_icon.svg/100px-Greek_lc_pi_icon.svg.png)
Pi is ook bekend as Archimedes se konstante (nie dieselfde as Archimedes se getal nie) en Ludolph se getal.
Die numeriese waarde van π, afgerond tot 64 desimale plekke is: 3,14159 26535 89793 23846 26433 83279 50288 41971 69399 37510 58209 74944 5923