![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/f/f5/Ammonium_persulfate.svg/langaf-640px-Ammonium_persulfate.svg.png&w=640&q=50)
Persoksidisulfaat
From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Persoksidisulfaat of persulfaat is 'n sout van perswaelsuur wat die komplekse anioon S2O82− bevat.
Hierdie anioon bestaan uit twee tetraëdriese sulfaat-ione wat deur 'n peroksied-binding -O-O- saamgehou word. Hierdie binding kan maklik verbreek word wat twee sulfaatradikale SO4−• vrystel. Hierdie radikale is baie sterk oksideermiddels wat verskeie aanwendings het, soos om baie watergedraagde besoedelingstowwe te oksideer, soos metaboliete van organismes (bv. 2-metielisoborneol en geosmin), persistente organiese besoedelingstowwe (POP's, bv. gepolichlorineerde dibenso-p-dioksiene en dibensofurane, gepolichlorineerde bifeniele en perfluoroalkylverbindings), plaagdoders (bv. atrasien en chloorpirifos), farmaseutiese en persoonlike sorgprodukte (PPCP's, bv. triclosan en sulfametoksasool) en vlugtige organiese verbindings (VOC's, bv. broommetaan en tolueen) [1]