From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Perseïdes is ’n aktiewe meteoorreën wat verbind word met Komeet Swift-Tuttle. Hulle word so genoem omdat dit lyk of hulle vanaf ’n sentrale punt in die sterrebeeld Perseus kom.
Perseïdes | ||
’n Lang, veelkleurige streep afkomstig van 2009 se Perseïdes, net links van die Melkweg. | ||
Ontdekking | 36 n.C. (eerste rekord)[1][2] | |
Moederliggaam | Komeet Swift-Tuttle | |
Uitstralingspunt | ||
Sterrebeeld | Perseus | |
Regte klimming | 03h 04m[3] | |
Deklinasie | +58°[3] | |
Eienskappe | ||
Voorkoms | 23 Julie–20 Augustus[3] | |
Hoogtepunt | 12 Augustus[3] | |
Spoed | 58 km/s[4] | |
Sterre per uur | 80[3] |
Die wolk van meteoroïdes wat die Perseïdes veroorsaak, strek oor die wentelbaan van Komeet Swift-Tuttle en word deur die komeet afgeskei terwyl dit in ’n wentelbaan van 133 jaar om die Son is.[5] Die meeste deeltjies is al sowat duisend jaar deel van die wolk, maar daar is ’n ralatief jong filament van stof wat in 1865 afgeskei is en die dag voor die maksimum reën vir ’n mini-hoogtepunt kan sorg.[6] Die grootte van die wolk in die omgewing van die Aarde word geraam op sowat 0,1 astronomiese eenhede (AE) breed en 0,8 AE lank, en dit word uitgesprei deur sy jaarlikse wisselwerking met die Aarde se swaartekrag.[7]
Die meteoorreën is elke jaar van middel Julie af te sien en bereik sy hoogtepunt tussen 9 en 14 Augustus, afhangend van die ligging van die wolk. Tydens die hoogtepunt is die tempo van die meteore sowat 60 of meer per uur. Hulle kan oor die hele lugruim gesien word; weens die meteoorreën se uitstralingspunt in die sterrebeeld Perseus kan dit egter hoofsaaklik in die Noordelike Halfrond gesien word. Soos met talle meteoorreëns bereik dit in die vroeë oggendure sy hoogtepunt omdat die Aarde dan in die rigting van die meteoroïdes inbeweeg.[8] Hoewel die meeste meteore die Aarde se atmosfeer tussen sonsopkoms en die middag tref, is hulle weens die daglig nie sigbaar nie. Sommige is ook voor middernag sigbaar, en dan is vuurballe soms te sien. Die meeste Perseïdes brand sowat 80 km bo die Aarde se oppervlak uit.[9]
Jaar | Meteore aktief tussen | Hoogtepunt |
---|---|---|
2015 | 17 Julie – 24 Augustus | 12–13 Augustus[10] (maksimum per uur: 95) (nuwemaan 14 Aug.) |
2014 | 17 Julie – 24 Augustus | 13 Augustus (68)[11] (volmaan 10 Aug.) |
2013 | 17 Julie – 24 Augustus | 12 Augustus (109)[12] |
2012 | 17 Julie – 24 Augustus | 12 Augustus (122)[13] |
2011 | 17 Julie – 24 Augustus | 12 Augustus (58)[14] (volmaan 13 Aug.)[15] |
2010 | 23 Julie – 24 Augustus | 12 Augustus (142)[16] |
2009 | Julie 14 – Augustus 24 | 13 Augustus (173)[17] |
2008 | 25 Julie – 24 Augustus[18] | 13 Augustus (116)[18] |
2007 | 19 Julie – 25 Augustus[19] | 13 Augustus (93)[19] |
2006 | 12/13 Augustus[20] | |
2005 | ||
2004 | 12 Augustus (>200)[4] | |
1994 | (>200)[2] | |
1993 | (200–500)[2] | |
1992 | 11 Augustus-uitbarsting onder ’n volmaan van 13 Aug.[21] | |
1864 | (>100)[2] | |
1863 | (109–215)[2] | |
1861 | (78–102)[2] | |
1858 | (37–88)[2] | |
1839 | (165)[2] |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.