From Wikipedia, the free encyclopedia
Die pensstreep-tuna (Katsuwonus pelamis) is 'n roofvis wat rondom die wêreld voorkom in water wat warmer as 19 °C is. In Engels staan die vis bekend as die Skipjack.
Pensstreep-tuna | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Chordata |
Klas: | Actinopterygii |
Orde: | Scombriformes |
Familie: | Scombridae |
Subfamilie: | Scombrinae |
Tribus: | Thunnini |
Genus: | Katsuwonus Kishinouye, 1915 |
Spesie: | K. pelamis |
Binomiale naam | |
Katsuwonus pelamis (Linnaeus, 1758) | |
Sinonieme | |
|
Die pensstreep-tuna het 'n kort en amper vaatjieronde lyf. Die rugvin is blouswart terwyl die sye silwerblou is met die pens wit. Daar is swart strepe op die pens van die pensstreep-tuna. 'n Gemiddelde grootte vis weeg 3 tot 4 kg terwyl die Suid-Afrikaanse hengelrekord net onder die 10 kg is.
Die vis verkies die oop see met watertemperatuur van tussen 19° en 30 °C. Hulle is baie sensitief vir veranderinge in die soutkonsentrasie van die seewater en vermy dele met 'n lae soutgehalte. Die vis leef saam in skole. Hulle swem en vreet net onder die oppervlakte van die see. Hulle vreet ansjovis, klein vissies, garnale en ander plankton.
Dit is 'n gewilde kommersiële en eetvis, wat gewoonlik met ringnette vanaf bote gevang word, en word vars, bevrore, ingemaak, gedroog, gesout en gerook verkoop. In 2018 is vangste van 3,2 miljoen ton aangemeld, die derde hoogste van enige visvangste (naas Peruaanse ansjoveta en Alaska pollock).[2] Lande wat groot hoeveelhede vangste van pensstreep-tuna aanteken, sluit die Maldive, Frankryk, Spanje, Maleisië, Sri Lanka en Indonesië in.[3]
Pensstreep-tuna (skipjack) is die mees vrugbare van die belangrikste kommersiële tuna, en hul bevolking word as volhoubaar beskou teen die huidige menslike verbruik.[4][5]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.