Pavee of Irish Travellers (Iers: an lucht siúil), in Engels soms ook Gypsies genoem (alhoewel hulle nie met Roma verwar moet word nie, 'n etniese minderheidsgroep van Indiese afkoms in Europa), is 'n etniese groep van Ierse afkoms wat deur 'n tradisionele nomadiese leefstyl, eie tradisies en 'n eie etniese identiteit gekenmerk word.
Pavee | |
---|---|
Pavee in 1946 | |
Totale bevolking: | 65 000–95 000 |
Belangrike bevolkings in: | Ierland 29 573[1] Noord-Ierland 3 905 |
Taal: | Engels (Hiberno-Engels), Iers-Gaelies, Shelta |
Geloofsoortuiging: | Rooms-Katolieke Kerk |
Verwante etniese groepe: | Iere |
Alhoewel die meeste Pavee Engelssprekend is, praat 'n minderheid ook Shelta, 'n mengtaal wat op Engels baseer, maar ook baie Iers-Keltiese komponente bevat. Kleiner groepe Pavee het hulle buite Ierland, hul land van oorsprong, gevestig, veral in die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State. Die getal Pavee in die VSA word op sowat 10 000 beraam, waarvan 2 500 in een nedersetting, Murphy Village in die deelstaat Suid-Carolina, saamgetrek is. Hulle is nasate van Ierse immigrante wat hulle hoofsaaklik in die tydperk tussen 1845 en 1860 tydens die Groot Ierse Hongersnood in Noord-Amerika gevestig het.
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.