![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/3/39/Paul_Weitz.jpg/640px-Paul_Weitz.jpg&w=640&q=50)
Paul J. Weitz
From Wikipedia, the free encyclopedia
Paul Joseph Weitz (25 Julie 1932 – 22 Oktober 2017[1]) was 'n Amerikaanse vlootkaptein, vlieënier, lugvaartingenieur, toetsvlieënier en Nasa-ruimtevaarder. Hy het twee vlugte in die ruimte meegemaak. Hy was deel van die bemanning van drie wat aan die eerste bemande Skylab-missie deelgeneem het. Hy was ook die bevelvoerder van die STS-6 missie, die eerste van ruimtependeltuig Challenger se vlugte. Hy is gewerf as deel van Ruimtevaardergroep 5.
Kitsfeite Gebore, Sterf ...
Paul J. Weitz | |
---|---|
![]() Paul J. Weitz in September 1971 | |
Gebore | Paul Joseph Weitz (1932-07-25)25 Julie 1932 |
Sterf | 22 Oktober 2017 (op 85) |
Nasionaliteit | ![]() |
Beroep | Ruimtevaarder Vloot- en toetsvlieënier |
Sluit