Patriarg Joasaf II van Moskou
From Wikipedia, the free encyclopedia
Joasaf II (Russies: Иоасаф II; ? – 1672) was van 1667 tot met sy dood vyf jaar later die sewende Russies-Ortodokse patriarg van Moskou en die hele Rusland.
Kitsfeite
Patriarg Joasaf II | ||||
Kerk | Russies-Ortodokse Kerk | |||
Setel | Moskou | |||
Termyn | 10 Februarie 1667 – 11 Februarie 1672 | |||
Russies | Иоасаф II | |||
Kerkampte | ||||
Voorganger | Patriarg Nikon | |||
Opvolger | Patriarg Pitirim | |||
Persoonlike besonderhede | ||||
Gebore | ? | |||
Oorlede | 11 Februarie 1672 | |||
|
Sluit
Joasaf was van 1654 tot 1656 verbonde aan die Rozjdestwenski-klooster in Wladimir en daarna aan die Drie-eenheid-klooster van Sint Sergei buite Moskou. In 1666 was hy deel van die kerklike raad wat patriarg Nikon verhoor en afgedank het, hoewel hulle ook sy hervormings goedgekeur het wat tot die skeuring in die Russies-Ortodokse Kerk en die ontstaan van die Ougelowiges gelei het.
Joasaf is op 10 Februarie 1667 verkies tot patriarg. Hy is op 11 Februarie 1672 dood en is in die Moskouse Kremlin begrawe.[1]