Parys is 'n dorp aan die oewer van die Vaalrivier, in die Vrystaat-provinsie van die Republiek van Suid-Afrika, sowat 120 kilometer suid van Johannesburg, met sowat 44 000 inwoners (indien die townships bygereken word). Die meerderheid van die bevolking is Sothosprekend, en 'n minderheid, hoofsaaklik in die dorpsentrum, praat Afrikaans.

Kitsfeite Land, Provinsie ...
Parys
Thumb
Die Nederduitse Gereformeerde Moederkerk in Parys.
Thumb
Parys
Parys
 Parys se ligging in Vrystaat
Koördinate: 26°54′S 27°27′O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieVrystaat
DistrikFezile Dabi
MunisipaliteitNgwathe
Stigting1882[1]
Oppervlak
  Totaal23,30 km2 (9,00 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[2]
  Totaal8 071
  Digtheid346/km2 (900/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
  Wit mense84.4%
  Indiërs/Asiërs0.7%
  Bruin mense1.3%
  Swart mense13.2%
  Ander0.5%
Taal (2011)
  Afrikaans84.7%
  Engels6.9%
  Sotho5.1%
  Ander3.3%
Poskode (strate)
9585
Poskode (posbusse)
9585
Skakelkode056
Webwerfhttp://www.parys.co.za
Sluit

Geskiedenis

Thumb
Parys se NG moederkerk is in 1899 opgerig na die plan van Burnet Adams en ene Twiddy.
Thumb
Die Gereformeerde kerk Parys (1955) is een van die argitek Johan de Ridder se bekendste kerkontwerpe en het baie aandag in die media geniet.
Thumb
Die West Endvoorstad van Parys op die suidoewer van die Vaalrivier

In 1873 het die NG gemeente Kroonstad besluit om 'n nuwe gemeente noord van die Renosterrivier te stig. Daar is op die plaas Klipspruit besluit, wat 'n baie mooi uitsig oor die Vaalrivier gehad het. In 1880 is die inwoners se eerste petisie dat Parys 'n dorp moet word, van die hand gewys. Proklamasie het wel in 1882 gevolg. Munisipale status is in 1887 verwerf.

Die naam is 'n Afrikaanse vertaling van die Franse hoofstad Paris. Die naam is deur 'n Duitse opmeter gekies, wat tydens die Frans-Pruisiese Oorlog aan die beleg van Parys deelgeneem het. Blykbaar het die plek se ligging aan die oewer van die Vaalrivier hom herinner aan Parys en die Seine.

Parys is 'n gewilde bestemming vir binnelandse toerisme, en veral mense uit Gauteng doen naweke daar aan. Die dorp het uitstekende watersportgeriewe en 'n buitengewone geografiese ligging in die episentrum van die wêreld se grootste meteorietkrater, die Vredefortkoepel, wat sowat 2 miljard jaar gelede ontstaan het.

Vandag is Parys 'n deel van die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit met sowat 120 000 inwoners (2001).

Crater Cruise Bergfietswedren

Die Crater Cruise is 'n jaarlikse bergfietswedren wat in Parys begin en eindig. Gewoonlik reël die gemeenskap ander sportbyeenkomste saam met die byeenkoms bv. 21 km hardloopwedren.

Distrik

Die distrik is 929 km² groot. Terwyl tabak en mielies van die belangrikste bedrywighede in die distrik is, is gewasse soos sonneblomsaad, sorghum, grondbone en sagtevrugte ook belangrik. Daar is ook verskeie vervaardigingsbedrywighede op Parys.

Sien ook

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.