Parmesaan
From Wikipedia, the free encyclopedia
Permesaan is ’n harde, korrelrige kaas wat sy oorsprong in Italië het. Dit word ook parmesaanse kaas genoem. Die naam word dikwels vir soortgelyke kase gebruik, hoewel dit onwettig is in lidlande van die Europese Ekonomiese Gebied.[1]
Kitsfeite
Parmesaan | ||
Ander name | Parmigiano-Reggiano | |
Oorsprong | Italië | |
Melkbron | Koeie | |
Eienskappe | ||
Gepasteuriseer | Nee | |
Tekstuur | Hard | |
Vorm | Wiele | |
Veroudering | Minstens 12 maande Vecchio: 18-24 maande Stravecchio: 24-36 maande | |
Voedingswaarde (per 100 g) | ||
Vetinhoud | 25,83 g | |
Proteïen | 35,75 g | |
Koolhidrate | 3,22 g | |
Vitamiene | A, B1 B2, B3, B6, B12, C, D, E, K | |
Energie | 1 640 kJ |
Sluit
Die naam Parmigiano-Reggiano (IFA: /ˌparmiˈdʒaːno redˈdʒaːno/) is afgelei van die streke waarin die kaas tradisioneel gemaak word en mag net na kaas uit dié streke verwys. Buite die Europese Unie mag die naam "parmesaan" wettig gebruik word vir soortgelyke kase, maar nie "Parmigiano-Reggiano" nie.
Dit is al die "koning van kase" genoem.[2]