Parlement van Namibië
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die parlement van Namibië (Duits: Parlament von Namibia, Engels: Parliament of Namibia) is die nasionale wetgewer van die Republiek van Namibië. Die Parlement is geleë in Windhoek, Namibië. Dit bestaan tans uit twee kamers:
- 'n Laerhuis: Die Nasionale Vergadering (National Assembly) bestaan uit 104 lede waarvan 96 verkies word in 'n parlementêre verkiesing, terwyl die ander 8 deur die president aangewys word. Die kamer is hoofsaaklik betrokke met die skryf en goedkeuring van wetgewing.
- 'n Hoërhuis: Die Nasionale Raad (National Council) bestaande uit 42 lede. Hierdie liggaam adviseer die Nasionale Vergadering en keer wetgewing vir die laaste keer goed voordat dit na die president gaan vir beslissing.