Paralimpiese Winterspele 1992
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Paralimpiese Winterspele 1992 (Frans: Les Ve Jeux paralympiques d'hiver) is tussen 25 Maart en 2 April 1992 in Tignes-Albertville, Frankryk, aangebied. Tydens die geleentheid het 365 atlete uit 24 nasies aan 79 items in 3 verskillende sportsoorte deelgeneem.[1]
Ve Paralimpiese Winterspele | ||||||||||||||||||||||||
|
Dit was die vyfde Paralimpiese Winterspele wat aangebied is en die eerste, wat op dieselfde plek as die Olimpiese Winterspele gehou is, asook die eerste sedert die stigting van die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPK) in 1989.
Die Olimpiese Winterspele 1992 is tussen 8 en 23 Februarie in Albertville gehou. Die Paralimpiese Somerspele 1992 is tussen 3 en 14 September in Barcelona aangebied, terwyl die Paralimpiese Spele vir geestelik gestremdes tussen 15 en 22 September in Madrid aangbied is.