![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/e/e4/Rio_2016_Paralympics_logo.svg/langaf-640px-Rio_2016_Paralympics_logo.svg.png&w=640&q=50)
Paralimpiese Somerspele 2016
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Paralimpiese Somerspele 2016 (Portugees: Jogos Paralímpicos de Verão de 2016) is tussen 7 en 18 September 2016 in Rio de Janeiro, Brasilië, aangebied. Tydens die geleentheid het 4 342 atlete uit 159 nasies aan 528 items in 22 verskillende sportsoorte deelgeneem.[1] Dit was die 15de Paralimpiese Somerspele wat aangebied is asook die eerste in Latyns- en Suid-Amerika.
![](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d4/Maracan%C3%A3_2014_e.jpg/640px-Maracan%C3%A3_2014_e.jpg)
XVe Paralimpiese Somerspele | ||||||||||||||||||||||||
![]()
|
Die opening- en sluitingseremonies het in die Maracanã-stadion plaasgevind. Soos gebruiklik het die lande in alfabetiese volgorde die stadion ingestap met Griekeland die eerste en die gasheer Brasilië die laaste. Zanele Situ het die Suid-Afrikaanse vlag ingedra.[2]
Die Olimpiese Somerspele 2016 is tussen 5 Julie en 21 Augustus in Rio de Janeiro gehou.