![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/b3/P%25C3%25A4ij%25C3%25A4nne_and_p%25C3%25A4ij%25C3%25A4tsalo.jpg/640px-P%25C3%25A4ij%25C3%25A4nne_and_p%25C3%25A4ij%25C3%25A4tsalo.jpg&w=640&q=50)
Päijännemeer
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Päijännemeer (Fins: Päijänne, [ˈpæi̯jænːe]) is die derde grootste meer in Finland ná die Saimaameer en die Inarimeer met 'n oppervlakte van 1 052 km². Dit is in die suide van Finland, noord van die hoofstad Helsinki, geleë en behoort tot die uitgestrekte Finse meergebied, die grootste van sy soort in Europa. Daarbenewens is dit die diepste meer in Finland en ook die waterrykste.[3]
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/4/42/P%C3%A4ij%C3%A4nne_aerial_2.jpg/640px-P%C3%A4ij%C3%A4nne_aerial_2.jpg)
Päijännemeer | |
---|---|
![]() Sononder oor die Päijännemeer | |
![]() Ligging van die Päijännemeer in Finland | |
Koördinate: | 61°35′N 25°30′O |
Ligging: | Finland |
Soort: | Binnemeer |
Oppervlakte: | 1 052 km² (406 myl²)[1] |
Gemiddelde diepte: | 16,2–18 m (53–59 vt)[2] |
Maksimum diepte: | 95,3 m (313 vt)[2] |
Volume: | 18,1 km³ (4,3 myl³)[2] |
Lengte: | 135 km (85 myl) |
Breedte: | 29 km (18 myl) |
Uitvloei: | Kymi |
Eiland/e: | 1 886 (Virmailansaari, Salonsaari, Judinsalo, Onkisalo, Paatsalo, Muuratsalo, Haukkasalo, Vuoritsalo, Mustassalo, Edessalo, Taivassalo) |
Nedersettings: | Asikkala, Jyväskylä, Korpilahti, Kuhmoinen, Lahti, Luhanka, Muurame, Padasjoki, Sysmä |
Die Päijännemeer word verbind met die Finse Golf deur die Kymi wat deur Kotka vloei. Dit is veral belangrik vir watervoorsiening van die metropolitaanse gebied Helsinki met sowat 1,6 miljoen inwoners. Vername stede langs die oewer sluit in Jyväskylä en Lahti. Die Päijännemeer is 'n gewilde toeristebestemming.