![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/4/4d/Inari_lake.jpg/640px-Inari_lake.jpg&w=640&q=50)
Inarimeer
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Inarimeer (Fins: Inarijärvi/Inarinjärvi, [ˈinɑriˌjærvi]; Noord-Samies: Anárjávri; Inari-Samies: Aanaarjävri; Skolt-Samies: Aanarjäuʹrr; Sweeds: Enare träsk; Noors: Enaresjøen) is die naasgrootste meer in Finland ná die Saimaameer met 'n oppervlakte van 1 083 km². Dit is in die noordooste van Finland, net suid van die grens met Noorweë en net wes van die grens met Rusland, geleë, sowat 1 100 km noord van Helsinki. Daarbenewens is die Inarimeer die grootste meer in Sápmi en noord van die Arktiese Sirkel.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/4/43/Inari_aintzira_-_Kopia_-_Kopia.png/640px-Inari_aintzira_-_Kopia_-_Kopia.png)
Inarimeer | |
---|---|
![]() Die Inarimeer gedurende somer | |
![]() Ligging van die Inarimeer in Finland | |
Koördinate: | 69°0′N 28°0′O |
Ligging: | Finland |
Soort: | Binnemeer |
Oppervlakte: | 1 083 km² (418 myl²)[1] |
Gemiddelde diepte: | 14,3 m (47 vt)[1] |
Maksimum diepte: | 92 m (302 vt)[1] |
Lengte: | 80 km (50 myl) |
Breedte: | 40 km (25 myl) |
Opvangsgebied: | 14 512 km² (5 603myl²)[1] |
Uitvloei: | Paatsjoki |
Eiland/e: | 3 318[1] (Hautuumaasaari, Ukonkivi) |
Nedersettings: | Inari |
Die Inarimeer word verbind met die Barentssee deur die Paatsjoki. Die grootste nedersetting langs die meer is Inari, wat veral deur die inheemse Sami-kultuur gekenmerk word.