Oviston
From Wikipedia, the free encyclopedia
Oviston is 'n dorpie geleë op die suidoostelike oewer van die Gariepdam, Oos-Kaap, Suid-Afrika. Die naam is 'n akroniem vir "Oranje-Vis-tonnel" omrede die waterinlaattoring vir die tonnel by Oviston gebou is. Die dorpie is in 1964 gebou om die mense te huisves wat by die bou van die tonnel betrokke was. Oviston is 8 km noord van Venterstad.[2]
Kitsfeite Land, Provinsie ...
Oviston | |
---|---|
Oranje-Vis-tonnel se inlaat by Oviston | |
Koördinate: 30°41′S 25°46′O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Oos-Kaap |
Distrik | Joe Gqabi |
Munisipaliteit | Walter Sisulu |
Stigting | ~1965 |
Regering | |
• Tipe | Plaaslike Munisipaliteit |
Oppervlak | |
• Totaal | 4,15 km2 (1,60 vk. myl) |
Hoogte | 1 288 m (4 226 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 636 |
• Digtheid | 153/km2 (400/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 38.7% |
• Bruin mense | 46.7% |
• Swart mense | 14.6% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 72.8% |
• Engels | 15.6% |
• Xhosa | 7.6% |
• Sotho | 2.2% |
• Ander | 1.9% |
Poskode (strate) | 9798 |
Poskode (posbusse) | 9798 |
Skakelkode | 051-654- |
Sluit
Volgens die 2011-sensus het die dorp 'n bevolking van 636 gehad, waarvan 246 (38,7%) Blankes is.[1]