From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Oseaniese tale vorm die oostelike tak van die Maleis-Polinesiese tale. Dit omvat omtrent 450 tale wat deur sowat twee miljoen mense in die streke Melanesië, Mikronesië en Polinesië gepraat word. Die Mikronesiese en die Polinesiese tale vorm die twee bekendste en belangrikste taalgroepe. Die Oseaniese tale is ná die streek Oseanië genoem.
Oseaniese tale | |
---|---|
Geografiese verspreiding: |
Melanesië, Mikronesië, Polinesië |
Genetiese klassifikasie: |
Austronesies Maleis-Polinesies Kern-Maleis-Polinesies Oseaniese tale |
Onderafdelings: |
Admiraliteits
Yapees
Sint-Matthias
Wes-Oseanies
Temotu
Suidoos-Salomonies
Suid-Oseanies
Fidjiaans-Polinesies
|
Takke van die Oseaniese tale: Admiraliteits en Yapees Sint-Matthias Wes-Oseanies Temotu Suidoos-Salomonies Suid-Oseanies Fidjiaans-Polinesies |
Die Mikronesiese tale word deur sowat 430 000 mense gepraat en sluit Kiribaties, Marshallees en Nauruaans in.
Die Polinesiese tale word deur sowat 900 000 mense gepraat en sluit Cookeilandse Māori, Hawais, Māori, Niuies, Rapa Nui, Samoaans, Tahitiaans, Tokelauaans, Tongaans en Tuvaluaans in.
Die mees gebruikte Sentraal-Oseaniese taal is Fidjiaans met sowat 660 000 sprekers.
{{cite book}}
: Onbekende parameter |chapterurl=
geïgnoreer (hulp)Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.