From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Ortaköy-moskee (Turks: Ortaköy Camii) in Beşiktaş, Istanboel, is aan die Ortaköy-kaai aan die Bosporus geleë. Die amptelike naam is die Büyük Mecidiye Camii (Groot Keiserlike Moskee van Sultan Abdülmecid).
Die oorspronklike Ortaköy-moskee is in die 18de eeu gebou. Die huidige een, wat in sy plek gebou is in opdrag van sultan Abdülmecid I, is in 1856 voltooi. Dit is deur die vader en seun Garabet en Nigoğayos Balyan (wat ook verantwoordelik was vir die nabygeleë Dolmabahçe-paleis) ontwerp in ’n neobarok-styl. In die moskee hang verskeie voorbeelde van Islamitiese kalligrafie wat deur sultan Abdülmecid self geskryf is.
Die wye, hoë vensters laat die voortdurend veranderende lig van die Bosporus in die moskee weerkaats.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.