From Wikipedia, the free encyclopedia
Ornithopoda, of die ornitopodes, is ’n suborde of klade van die dinosourus-orde Ornithischia wat ontstaan het as klein, tweepotige grasvreters en in grootte en getalle toegeneem het totdat hulle een van die suksesvolste plantvreters in die Kryt-periode was en die Noord-Amerikaanse landskap oorheers het.
Ornithopoda | |
---|---|
Iguanodon (skets uit 1890). | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | Ornithopoda (Marsh, 1871) |
Subgroepe | |
|
Shantungosaurus Magnapaulia E. annectens E. regalis
Ornithopoda | ||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Kladistiese klassifikasie | ||||||||||||
| ||||||||||||
Die ornitopodes se grootste evolusie-voorsprong was die progressiewe ontwikkeling van kou-organe, wat die beste was wat nog deur ’n reptiel ontwikkel is en goed vergelyk het met dié van moderne beeste. Hulle het hul hoogtepunt bereik in die dae van die eendbek-Hadrosaurus voordat hulle in die Kryt-Paleogeen-uitwissing saam met ander nie-vlieënde dinosourusse uitgesterf het. Hulle het op al sewe kontinente voorgekom, hoewel hulle skaars was in die Suidelike Halfrond.
Ornithopoda beteken "voëlpote" en verwys na die kenmerkende poot met drie tone, hoewel baie vroeë vorms vier tone gehad het. Hulle het geen pantsers gehad nie en het horingagtige bekke ontwikkel, asook ’n verlengde skaambeen wat eindelik verby die heupbene gestrek het. Sommige ornitopodes en serapodes het dun kraakbeenplate aan die buitekant van die ribbes gehad; die funksie daarvan is onbekend.
Die vroeë ornitopodes was net sowat ’n meter lank, maar waarskynlik baie vinnig. Hulle het ’n stywe stert gehad, nes die teropodes, om hulle te help balanseer omdat hulle op hul agterpote gehardloop het. Latere ornitopodes het aangepas om op vier pote te wei; hul ruggraat was gebuig en het later soos dié van moderne grasvreters soos die bison gelyk. Hulle het later meestal op vier pote geloop, maar steeds op twee pote gehardloop.
Later het die ornitopodes groter geword, maar hulle was nooit so groot soos die reusagtige souropodes met hul lang nekke en sterte wat hulle gedeeltelik verdring het nie. Die heel grootstes, soos Shantungosaurus van 23 ton, was so swaar soos ’n mediumgroot souropode, maar hulle het nooit langer as 15 meter geword nie.
Die volgende kladogram is na aanleiding van ’n ontleding deur Butler et al, 2011.[1]
Cerapoda |
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.