metode om organiese chemiese verbindings name te gee From Wikipedia, the free encyclopedia
In organiese chemie is die organiese nomenklatuur 'n metode om organiese chemiese verbindings name te gee soos aanbeveel deur die Internasionale Unie van Suiwer en Toegepaste Chemie (IUSTC).[1] Ideaal gesproke moet elke moontlike organiese verbinding 'n naam hê waarvan 'n ondubbelsinnige struktuurformule geskep kan word. Daar is ook 'n lys IUSTC-benoemingsaanbevelings vir anorganiese chemie.
Om lang en vervelige name in normale kommunikasie te vermy, word die amptelike IUSTC-benoemingsaanbevelings nie altyd in die praktyk gevolg nie, behalwe as dit nodig is om 'n eenduidige en absolute definisie aan 'n verbinding te gee. IUSTC-name kan soms eenvoudiger wees as ouer name, soos met etanol, in plaas van etielalkohol of cholesterol wat makliker is as die sistematiese naam (3S,8S,9S,10R,13R,14S,17R)-10,13-dimetiel-17-[(2R)-6-metielheptaan-2-iel]-2,3,4,7,8,9,11,12,14,15,16,17-dodekahidro-1H-siklopenta[a]fenantren-3-ol.[2]
Vir relatief eenvoudige molekules is dit makliker om die nie-sistematiese name te verstaan, wat geleer of na gekyk moet word. Die algemene of triviale naam is egter dikwels aansienlik korter en duideliker, en dit word dus verkies. Hierdie nie-sistematiese name is dikwels afgelei van die oorspronklike bron van die verbinding. Daarbenewens kan baie lang name minder duidelik wees as die struktuurformule. Die sistematiese naam maak dit nogtans moontlik om die hele molekuulstruktuur af te lei.
Die bekendste organiese stowwe het name in die omgangstaal, of daar word ouer name uit die geskiedenis van die chemie gebruik, maar dersuisende verbindings het geen naam in die omgangstaal nie.
Reguit-ketting alkane neem die agtervoegsel "-aan" en kry die voorvoorvoegsel afhangende van die aantal koolstofatome in die ketting, volgens standaardreëls. Die eerste paar voorvoegsels is:
Antal koolstofatome | 1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Voorvoegsel | Met | Et | Prop | But | Pent | Heks | Hept | Okt | Non | Dec | Undek | Dodek | Tridek | Tetradek | Pentadek | Heksadek | Heptadek | Oktadek | Nonadek | Ikos |
Byvoorbeeld, die eenvoudigste alkaan is CH4 (metaan) en die negekoolstof-alkaan CH3(CH2)7CH3 word nonaan genoem. Die name van die eerste vier alkane is onderskeidelik afgelei van metanol, eter, propionsuur en "bottersuur" (butanoësuur). Die res word met 'n Griekse numeriese voorvoegsel benoem, met die uitsondering van nonane met 'n Latynse voorvoegsel, en undekaan en tridekaan met voorvoegsels uit gemengde tale.
Sikliese alkane kry eenvoudig die voorvoegsel "siklo-", bv. C4H8 is siklobutaan (nie te verwar met buteen nie) en C6H12 is sikloheksaan (wat nie met hekseen verwar moet word nie).
Vertakte alkane word die naam van 'n reguit ketting-alkaan gegee met aangehegde alkielgroepe. 'n Nommer voor die naam word gebruik on die koolstofatoom aan te dui waaraan die groep geheg is, en word getel vanaf die einde van die alkaanketting. Byvoorbeeld, (CH3)2CHCH3, algemeen bekend as isobutaan, word beskryf as 'n propaanketting met 'n metielgroep wat aan die middelste (nommer 2) koolstof gebind is, en die sistematiese naam 2-metielpropaan kry. Alhoewel die naam 2-metielpropaan gebruik kan word, is dit makliker en logieser om dit bloot metielpropaan te noem - die metielgroep kan onmoontlik op enige van die ander koolstofatome voorkom (wat die ketting sal verleng en butaan vorm, en nie propaan nie) en daarom is die gebruik van die nommer "2" onnodig.
As daar 'n onduidelikheid in die posisie van die syketting is, afhangend van die punt van die alkaanketting begin getel word, word die nommering gekies sodat die kleiner getal gebruik word. Byvoorbeeld (CH3)2CHCH2CH3 (isopentaan) word 2-metielbutaan genoem, nie 3-metielbutaan nie.
As daar meervoudige sytakke van dieselfde groote alkielgroep is, word hulle posisies deur komma's geskei en die groep word voorafgegaan deur di-, tri-, tetra-, ens. afhangende van die aantal takke. Byvoorbeeld, C(CH3)4 (neopentaan) word 2,2-dimetielpropaan genoem.
As daar verskillende groepe is, word hulle in alfabetiese volgorde bygevoeg, geskei deur komma's of koppeltekens. Die langste moontlike hoof-alkaanketting word gebruik; dus 3-etiel-4-metielheksaan in plaas van 2,3-diëtielpentaan, al beskryf dit ekwivalente strukture.
Die voorvoegsels di-, tri- ens. word geïgnoreer vir die doel van alfabetiese ordening van sykettings (bv. 3-etiel-2,4-dimetielpentaan, nie 2,4-dimetiel-3-etielpentaan nie).
Alkenes is vernoem na hul ouer-alkaanketting met die agtervoegsel "-een" en 'n vaste nommer wat die posisie van die koolstof aandui met die laagste getal vir elke dubbelbinding in die ketting: CH2=CHCH2CH3 is but-1-een.
Meervoudige dubbele bindings het die vorm-diëen, -triëen, ens. en die voorvoegsel van die ketting wat die groote aandui neem 'n ekstra "a": CH2=CHCH=CH2 is buta-1,3-dieen.
Eenvoudige cis- en trans-isomere kan aangedui word met 'n voorvoegsel cis- of trans-: cis-but-2-een, trans-but-2-een. Cis- en trans- is egter relatiewe beskrywers. Dit is die IUSTC-konvensie om alle alkene te beskryf met behulp van absolute beskrywers van Z-(dieselfde kant) en E-(teenoorgestelde) met behulp van die Cahn–Ingold–Prelog-prioriteitsreëls.[3][4]
Alkyne gebruik die selfde reëls maar eindig met die agtervoegsel "yn", bv. etyn (asetileen) en propyn (metielasetileen).
In halogenoalkane en halogenoarene word die funksionele halogeengroepe voorafgegaan met die bindingsposisie en neem die vorm aan van fluor-, chloor-, broom-, jood-, ens., afhangende van die halogeen. Veelvuldige groepe is dichloro-, trichloro-, ens., en verskillende groepe word soos voorheen alfabeties georde. CHCl3 (chloroform) is byvoorbeeld trichloormetaan. Die verdowingsmiddel Halotaan (CF3CHBrCl) is 2-broom-2-chloor-1,1,1-trifluoroetaan.
Alkohols (R-OH) neem die agtervoegsel "-ol" met 'n invoegsel van die numeriese bindingsposisie: bv. CH3CH2CH2OH is propaan-1-ol. Die agtervoegsels -diol, -triol, -tetraol, ens., word gebruik vir veelvuldige -OH-groepe: Etileenglikol CH2OHCH2OH is etaan-1,2-diol.
As 'n funksionele groep met 'n hoër voorrang in die molekule voorkom, word die voorvoegsel "hidroksi" met die bindingsposisie gebruik. bv. CH3CHOHCOOH is 2-hidroksipropanoësuur.
Eters (R-O-R) bestaan uit 'n suurstofatoom tussen die twee aangehegte koolstofkettings. Die korter van die twee kettings word die eerste deel van die naam met die "-aan" agtervoegsel verander na "-oksi", en die langer alkaanketting word die agtervoegsel van die naam van die eter. Dus is CH3OCH3 metoksimetaan, en CH3OCH2CH3 is metoksi-etaan, en nie etoksimetaan nie. As die suurstof nie aan die einde van die hoof-alkaanketting geheg word nie, word die hele korter alkiel-plus-etergroep as 'n sy-ketting behandel en voorafgegaan met sy bindingsposisie op die hoofketting. Dus is CH3OCH(CH3)2 2-metoksipropaan.
Alternatiewelik kan 'n eterketting genoem word as 'n alkaan waarin een koolstof deur 'n suurstof vervang word, 'n vervanging aangedui deur die voorvoegsel 'oksa'. CH3OCH2CH3 kan byvoorbeeld ook 2-oksabutaan genoem word, en 'n epoksied ('n sikliese eter met 'n drie-atoomring) kan oksasiklopropaan genoem word. Hierdie metode is veral handig wanneer beide groepe wat aan die suurstofatoom geheg is, kompleks is.[5]
Amiene (R-NH2) is vernoem na die aangehegte alkaanketting met die agtervoegsel "-amien" (bv. CH3NH2 metaanamien). Indien nodig, word die bindingsposisie ingevoeg: CH3CH2CH2NH2 propaan-1-amien, CH3CHNH2CH3 propaan-2-amien. Die voorvoegselvorm is "amieno-".
Vir sekondêre amiene (met die vorm R-NH-R) is die primêre naam van die amien die langste koolstofketting wat aan die stikstofatoom geheg is. Die ander ketting is voorgevoeg as 'n alkielgroep met die posisievoorvoegsel 'n skuinskrif N: CH3NHCH2CH3 is N-metieletaanamien. Tersiêre amiene (R-NR-R) word soortgelyk behandel: CH3CH2N(CH3)CH2CH2CH3 is N-etiel-N-metielpropaanamien. Weereens word die substituentgroepe alfabeties gerangskik.
Amiede (R-CO-NH2) neem die agtervoegsel "-amied" of "-karboksamied" wanneer die koolstof in die amiedgroep nie in die hoofketting opgeneem kan word nie. Die voorvoegselvorm is beide "karbomiel-" en "amiedo-". Byvoorbeeld HCONH2 Metaanamied, CH3CONH2 Etaanamied.
Amiede wat addisionele substituente op die stikstof bevat, word soortgelyk aan die geval van amiene behandel: hulle word alfabeties gerangskik met die voorvoegsel N: HCON(CH3)2 is N,N-dimetielmetaanamied.
In die chemie word 'n aantal voorvoegsels, agtervoegsels en invoegsels gebruik om die tipe en posisie van die funksionele groepe in die verbinding te beskryf.
Die stappe vir die benaming van 'n organiese verbinding is:
Die getalle vir dié tipe syketting word in stygende volgorde gegroepeer en voor die naam van die syketting geskryf. As daar twee sykettings met dieselfde alfakoolstof is, sal die getal twee keer geskryf word. Voorbeeld: 2,2,3-trimetiel-. As daar beide dubbel- en drievoudige bindings is, word "een" (dubbelband) voor "yn" (drievoudige binding) geskryf. Wanneer die hooffunksionele groep 'n terminale funksionele groep is ('n groep wat slegs aan die einde van 'n ketting kan bestaan, soos formiel- en karboksielgroepe), hoef dit nie 'n nommer te kry nie.
Voorbeeld van 'n molekule met die moederkoolstowwe genommer 1 tot 23, en die ander atoome (behalwe waterstof) ook genommer:
Volg nou die bogenoemde stappe:
Die finale naam is dus:
(6E,13E)-18-broom-12-butiel-11-chloor-4,8-diëtiel-5-hidroksie-15-metoksietrikosa-6,13-dieen-19-yn-3,9-dioon.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.