From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Oratorium (afgelei van die Kerklatynse oratorium "gebedshuis", "bedehuis" en Latyns orare "aanbid") is 'n groot musikale komposisie vir orkes, koor, en soliste.[1][2]
Die term oratorium, soos gebruiklik in Afrikaans, verwys na die oorspronklike Romeinse oratorium of gebedshuis waar nie-liturgiese musikale gebedsdienste gehou is. Later is met dié term in baie tale, waaronder Italiaans, Duits en Nederlands, ook na die musikale komposisie verwys. Ander tale - soos byvoorbeeld Engels en Frans - maak 'n onderskeiding tussen die gebedshuis (Engels: oratory, Frans: oratoire) en die musikale genre (oratorio).
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.