From Wikipedia, the free encyclopedia
Die oranjestreep-keiser (Lethrinus obsoletus) is 'n vis wat in die Indies-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by Sodwanabaai voorkom. In Engels staan die vis bekend as die Orange-striped emperor.
Oranjestreep-keiser | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Superfamilie: | |
Familie: | |
Genus: | Lethrinus |
Spesie: | L. obsoletus |
Binomiale naam | |
Lethrinus obsoletus | |
Sinonieme | |
Die vis se skubbe het donker rante om en daar is 'n oranje streep vanaf die pektorale vin se basis tot tussen die anale- en stertvinne se basisse. Party visse het ook twee dowwe strepe bo en onder die hooforanje streep. Die vis het 'n sylyn. Die vis word tot 60 lank.
Die vis leef in vlakkerige areas en koraalriwwe in water wat tot 30 m diep is. Alhoewel die oranjestreep-keiser een van die volopste keiservisse is, is daar weinig bekend omtrent sy voortplanting. Hulle is alleenswemmers of kom in klein groepe voor. Die visse vreet slakke, skaaldiere en stekelhuidiges.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.