tak van fisika gefokus op lig From Wikipedia, the free encyclopedia
Optika is die studie van die gedrag en eienskappe van lig, insluitende lig se wisselwerking met materie en die bespeuring daarvan deur middel van optiese instrumente.[1] Die woord "optika" is afgelei van die antieke Griekse ὀπτική of "ὀptiké" wat "voorkoms" of "kyk" beteken.[2]
Optika beskryf gewoonlik die gedrag van sigbare, ultraviolet- en infrarooi lig. Sedert James Clerk Maxwell ontdek het dat lig elektromagnetiese straling is, word optika hoofsaaklik in teoretiese fisika as 'n subvak van elektromagnetisme beskou.
Optiese wetenskap word in baie verwante vakgebiede bestudeer en speel 'n groot rol in onder andere elektriese ingenieurswese, psigologie en geneeskunde (veral oogheelkunde en oogkunde).
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.