![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/a6/Kuzminov_-_September_2023_03_%2528cropped%2529.jpg/640px-Kuzminov_-_September_2023_03_%2528cropped%2529.jpg&w=640&q=50)
Operasie Sinitsia
Oekraïense militêre intelligensie-operasie / From Wikipedia, the free encyclopedia
Operasie Sinitsia (Oekraïens : Операція Синиця, Afrikaans: Operasie Mees) was 'n operasie wat deur die Oekraïne se hoofdirektoraat van intelligensie uitgevoer is om die oorlopery van die Russiese Mi-8-helikoptervlieënier Maxim Kusminof te fasiliteer. Nadat hy voorheen sy oorloop aksie en die gelyktydige ontsnapping van sy gesin gereël het, het Kusminof op 9 Augustus 2023 radiokommunikasie afgeskakel en naby Poltava, Charkif-oblast in Oekraïne, geland waar Oekraïense magte hom ontvang het.[1][2]
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/a6/Kuzminov_-_September_2023_03_%28cropped%29.jpg/640px-Kuzminov_-_September_2023_03_%28cropped%29.jpg)
Op 5 September 2023 het die Oekraïense intelligensieverteenwoordiger Andriy Yusof aangekondig dat Maxim Kusminof 'n beloning van $500 000 sal ontvang wat in die Oekraïense grivna betaal is. Yusof het ook belowe dat Kusminof en sy gesin ongespesifiseerde sekuriteitswaarborge sal ontvang, asook uiteindelike Oekraïense burgerskap.
Op 13 Februarie 2024 is Maxim Kusminof doodgeskiet in Villajoyosa, Spanje gevind.[3][4][5]