OpenStreetMap
From Wikipedia, the free encyclopedia
OpenStreetMap (OSM) is 'n "kopielinkse" digitale padkaart wat ontwerp is om deur enigiemand gewysig te kan word. Die kaart word geskep uit data wat opgeneem word deur GPS-ontvangers, lugfoto's en ander gratis bronne. Die kaart kan dan geprojekteer word in 'n geografiese koördinatestelsel, gebruik word vir roete beplanning of gebruik word vir geografiese soektogte.
OpenStreetMap | |
---|---|
Tipe webblad | digitale padkaart |
Taal(e) | Ten minste 151 gebiedsvertalings en onbeperkte aantal kaarttale[1] |
Registrasie | nodig vir bydraers |
Eienaar | OpenStreetMap gemeenskap. Projekondersteuning deur OpenStreetMap Foundation[2] |
Outeur | Die gemeenskap |
Opgerig | 1 Julie 2004; 20 jaar gelede (2004-07-01) |
Huidige status | Aktief |
URL | www.openstreetmap.org |
OpenStreetMap is 'n samewerkingsprojek om 'n gratis bewerkbare kaart van die wêreld te skep. Die geodata onderliggend aan die kaart word beskou as die primêre uitset van die projek. Die skepping en groei van OSM is gemotiveer deur beperkings op die gebruik of beskikbaarheid van kaartdata oor 'n groot deel van die wêreld, en die koms van goedkoop draagbare satellietnavigasie-toestelle.[3]