Oogkraal
From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Oogkraal of nazar (van die Arabiese نَظَر ˈnaðˤar, "blik", "aandag") is 'n oogvormige gelukbringer wat geglo word mense teen die bose oog beskerm. Die term word in baie tale gebruik.[1] In Turkye is dit bekend as nazar boncuğu[2] (laasgenoemde woord is afgelei van die woord vir "kraal", boncuk, en eersgenoemde is 'n leenwoord uit Arabies).