eerste maaltyd vroegoggend geëet From Wikipedia, the free encyclopedia
Ontbyt is die eerste maaltyd wat genuttig word nadat iemand van 'n nagrus ontwaak het, meestal vroegoggend geëet voor die aanvang van 'n dag se werk.[1] "Ontbyt" kan verwys na hierdie ete of verwys na 'n maaltyd bestaande uit tradisionele ontbytkos (soos eiers, spek en wors) bedien te eniger tyd van die dag. Die woord verwys letterlik na die breek van die vastydperk van die vorige nag.[2]
Ontbytgeregte wissel van plek tot plek, maar sluit gewoonlik 'n koolhidraat in soos hawermout, graanvlokkies of roosterbrood, vrugte en/of groente, 'n proteïenvoedsel soos eiers, vleis of vis, en iets te drinke soos tee, koffie, melk of vrugtesap. Ontbytgraan, pannekoek, wors, eierbrood, spek, vars vrugte, groente, eiers, muesli, sampioene, boontjies, muffins, plaatkoekies, roosterbrood met botter/margarien en konfyt is algemene voorbeelde van ontbytkos.
Daar bestaan egter 'n veel groter verskeidenheid in voorbereiding en bestanddele as bogenoemde, wat meestal verband hou met waar in die wêreld die ontbyt genuttig word.[3]
Kenners van menslike voeding het lank reeds verwys na ontbyt as die belangrikste maaltyd van die dag. Dit, na gelang van studies wat gevind het dat mense wat ontbyt oorslaan, buite verhouding geneig is om probleme met konsentrasie, metabolisme, gewig, en hartgesondheid te ontwikkel.[4][5][6] Die dieetkundige Monica Reinagel het aangevoer die metaboliese voordele oordrewe is, 'n verbetering in kognisie is gevind onder kinders, maar dis veel minder belangrik onder volwassenes. Reinagel verduidelik ook dat die skakel tussen die oorslaan van ontbyt en 'n verhoogde gewig geneig is om gedragsprobleme te veroorsaak deurdat die persoon die gebrek aan 'n gesonde ontbyt vergoed met peuselhappies, of eet selfs meer later. Dus is gewigstoename dan onvermydelik.[7]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.